Verskaf deur kykNET
Vyf minute is nie lank om ’n eerste indruk te maak nie. Tog was dit al die tyd wat die deelnemers in die afgelope episode van kykNET se Boer soek ’n vrou-maatsoekreeks gehad het om die top-5 boere se aandag te trek.

Die blitsafsprake het by die Swartberg-hotel in Prins Albert plaasgevind, waar elke boer met 10 voorafgekose deelnemers gesels het. Teen die einde van die ontmoetings moes elkeen die groep tot vyf verklein vir ’n volgende afspraak.
Aanbieder Reandi Grey het gesê daar was ’n “tasbare opgewondenheid” in die Karoo-lug.
Een deelnemer het die senuwees op ’n meer plaaslike manier saamgevat: Sy het nie “vlinders” in haar maag nie, het sy gesê, maar eerder “tarentale”.
Toe die kort gesprekke verby was, het die groot besluit gevolg: watter vyf deelnemers kry ’n volgende afspraak?
Die boere se keuses
Arno (28), bosbouboer, Tzaneen (Limpopo)
- Dinda
- Hermien
- Joanè
- Mariska
- Rosanne
Francois (34), natuurbewaarder, Hoedspruit (Mpumalanga)
- Alicia
- Beniska
- Danelle
- Sonel K
- Tina
Jack (30), appel- en peerboer, Hermanus (Wes-Kaap)
- Anri
- Carina
- Dominique
- Hanli
- Lené
JD (28), gemengde boerdery, Reitz (Vrystaat)
- Arina
- Janke
- Kayla
- Lara
- Leoné
Willie (37), bees- en mielieboer, Harrismith (Vrystaat)
- Amori
- Kelly
- Lezelle
- Madelé
- Tayla
Boer soek ’n vrou word Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.
Lees ook: Boer soek ’n vrou: Junior en sy briefskrywer Denisé gaan trou


