4 porsies
Bestanddele
- 500 g (2½ k) bruin-en-rooi-rysmengsel vir mikrogolf
- 30 ml (2 e) olyfolie
- 4 eiers
- 4 salotte, dun gesny
- 30 ml (2 e) Thaise rooikerriepasta
- 2 knoffelhuisies, fyngedruk
- 300 g tofu, verkrummel
- 150 g gemengde Oosterse sampioene, in 1 cm-skywe gesny
- 1 rooi soetrissie, dun gesny
- 37,5 ml (2½ e) sojasous
- 15 ml (1 e) lemmetjiesap
- 250 ml (1 k) basiliekruidblare
Metode
- Berei die rys volgens die aanwysings op die pakkie voor.
- Verhit die helfte van die olie in ’n kleefvrye braaipan oor matige hitte. Breek die eiers in die pan, krap dit van die rand na binne en bak in omeletvorm.
- Braai vir 3 minute of tot gaar. Rol die omelet in die pan op, skuif dit versigtig op ’n bord en sny in 1 cm-skywe.
- Verhit die res van die olie in ’n wok oor hoë hitte. Braai die salotte vir 3 minute of tot sag. Voeg die kerriepasta en knoffel by en braai vir 30 sekondes.
- Voeg die tofu, sampioene en soetrissie by en roerbraai vir 4 minute of tot gaar.
- Voeg die rys en omelet by. Roer vir 1 minuut of tot deurwarm.
- Roer die sojasous, lemmetjiesap en basiliekruidblare by. Bedien dadelik.
Lees ook: Thaise Varkkerrie
