Verskaf deur The Marketing Zoo
Met die ekonomie wat knyp, is vermaak die eerste plek waar baie mense sny aan hul beplande uitgawes, veral as mens rondom ’n hele gesin moet beplan. Daarom is dit welkome nuus dat Semi-Soet – die musiekblyspel weer in September 2026 op die planke gaan wees ná ’n baie suksesvolle en uitverkoopte 2025-seisoen, hierdie keer op een van Suid-Afrika se grootste verhoë: die Teatro by Montecasino.
Te dankie aan AfriForum en Inhoud Huis Musiek, met die ondersteuning van RSG en kykNET, kan Afrikaanse teatergangers uitsien na ’n bekostigbare vermaakopsie wat iets vir almal bied – ’n goeie skoot humor, oorspronklike musiek, pragtige romanse en aansteeklike energie!
Boonop vertolk Bobby van Jaarsveld en Anel Alexander weer hul rolle as JP en Jaci, twee mense wat voorgee om die perfekte paartjie te wees, net om te ontdek dat liefde soms op die mees onverwagse plekke wag. Die storie is natuurlik gebaseer op die 2012 romantiese rolprenttreffer met dieselfde naam, maar vir die verhoog is treffende musiek deur Johan Vorster en Jacomien de Wet by die storie gevoeg om dit die eerste oorspronklike Afrikaanse musiekblyspel van sy soort in bykans ’n dekade te maak.
Van die land se bekendste teater- en musiekname, choreograwe en ’n bekroonde produksiespan sal gestalte gaan gee aan Semi-Soet – die musiekblyspel en die nuwe speelvak is ook spesiaal vir die Teatro se verhoog aangepas om sodoende vele nuwe kreatiewe elemente en groter visuele beelde te inkorporeer.

Semi-Soet – die musiekblyspel beloof om die Afrikaanse kultuurgeleentheid van die jaar te wees, ’n teaterervaring wat byval sal vind by mense van alle ouderdomme en iets wat kinders, ouers, gesinne en vriende saam kan geniet.
Kaartjies is reeds beskikbaar by www.semisoetmusiekblyspel.co.za vanaf so laag as R250 per kaartjie. Teen daardie prys, kan jy jouself maar gereed maak vir wonderlike herinneringe wat ’n leeftyd sal hou.
WEN dubbelkaartjies vir Semi-Soet – die musiekblyspel
10 gelukkige lesers kan elk dubbelkaartjies vir die Semi-Soet – die musiekblyspel-vertonings 18:00 op Sa. 5 September óf So. 6 September by die Teatro Montecasino, Johannesburg, Gauteng wen.
Om in te skryf, voltooi die onderstaande vorm:
*Slegs een inskrywing per persoon
Sluitingsdatum: 27 Augustus 2026
Die wenners sal 28 Augustus bekendgemaak word.
Lees ook: Spesiaal vir Vrouemaand + WEN een van Herman Lensing se resepteboeke
