Bestanddele
- 18 enige tipe bros- of gemmerkoekies
- 125 ml (1/2 k) verdikte room
- 220 g sjokolade-haselneutsmeer
- 200 g piesangs, in dun skywe gesny
- 30 ml (2 e) geroosterde haselneute, fyngekap
Metode
- Voorverhit oond tot 160 ℃. Smeer vlak muffinpan.
- Plaas 1 koekie in elke gesmeerde gaatjie, bak vir sowat 4 minute of tot sag. Gebruik agterkant van teelepel en druk sagte koekies liggies in gaatjies plat. Laat afkoel.
- Klits room in bak tot sagte punte vorm.
- Smeer sjokolade-haselneutsmeer oor koekies en sit sny piesang bo-op. Bedek met room en sprinkel neute bo-oor. Piesangskywe kan ook as versiering bo-op room dien.
rr wenk: Probeer die resep ook op ‘n gewone bakplaat.
Lees ook: Sachertorte met lemoen
