Verskaf deur ontbytSAKE
Die ontbytSAKE-toekennings het behoorlik die asems weggeslaan met gisteraand se produksie by die SunBet Arena, Time Square, in Pretoria. Met The Greatest Showman as kreatiewe inspirasie, was die aand ’n verhoog vir Suid-Afrikaanse ondernemings, ambisie en nuwe moontlikhede.
Gaste het ’n skouspel van kleur en klank geniet met reuse-skerms en ’n enorme verhoog sowel as ’n ongelooflike KI-oudiovisuele vertoning en die optrede van talentvolle kunstenaars en musikante. Dit was beslis ’n ervaring wat niemand sommer sal vergeet nie.
Die internasionale hoofkunstenaar, Loren Allred, wêreldbekende stem agter Never Enough uit The Greatest Showman, het eksklusief by die geleentheid opgetree saam met Suid-Afrikaanse kunstenaars Elvis Blue, Tarryn Lamb, Elandré en Elmé Churr.
Die aanbieders was Minki van der Westhuizen, Leon Gropp en Charlene Lackay en hulle het verskeie toekennings aan sakelui en vermaaklikheidsmense oorhandig, met die hulp van gasaanbieders, soos komediant, Alfred Adriaan, minister van landbou, Willie Aucamp, sakeman, Rob Hersov, en vele meer.
Die glansaand het afgeskop met gaste se aankoms op die rooitapyt, waaronder bekende plaaslike en internasionale persoonlikhede, sportsterre, politici, sakeleiers en invloedryke entrepreneurs. Gaste het daarna die geleentheid gekry om verskeie gehalte-wyne van uitgesoekte wynplase te proe, voor die vertoning begin het.
Die vertoning is ook in sy geheel verfilm en sal teen die einde van die jaar op ontbytSAKE uitgesaai word.
Wenners van ontbytSAKE se toekennings
Beste video-insetsel:
- Irish Rock Pub & Diner
Beste ateljee-onderhoud:
- Kokama
Beste digitale mediaplasing:
- National Asphalt
Beste buitelugreklamebordadvertensie:
- CrisisOnCall
Gewildste segment:
- ekonomieseSAKE – Dawie Roodt
Uitstaan-oomblik:
- Alvin Bruinders en Simon Bruinders in gesprek met Dawie Roodt
Gunstelinghoofgas:
- Hannes van Wyk
Bitterlekker-topdriewenner:
- Caitie Rock
Topadverteerders:
- Biomedical Emporium
- Laeveld Agrochem
- Rotake SA
Wyntoerismetoekenning:
- Sneeukop
Skole–KI–uitdaagtrofee:
- Nathan Taylor
superSAKE-wenner:
- Col’Cacchio
KI–impakleierserkenning/AI Impact Leaders Recognition:
- KPMG SA
- Kwikot Haire
- WinField United South Africa
Algehele wenneronderneming van die Jaar 2026:
- Koelenhof-wynkelder














