Hierdie resep was in die rooi rose van Januarie 2022
Bestanddele
- 125 g botter, grofgekap
- ¼k versiersuiker, en ekstra vir oorstrooi
- 1¼k koekmeel
- 3 eiers
- 1 k strooisuiker
- 2 t suurlemoenskil, fyngerasper
- ½ k suurlemoensap
Stappe
- Voorverhit oond tot 180 ℃. Smeer vlak vierkantige koekpan van 23 cm met olie en voer bodem en kante met bakpapier uit sodat dit 2 cm bo rand uitsteek.
- Klits botter en versiersuiker met elektriese klitser tot glad. Roer een koppie meel by. Druk mengsel gelyk oor bodem van pan.
- Bak vir 15 minute of tot ligbruin.
- Voeg eiers, strooisuiker, oorblywende meel, gerasperde suurlemoenskil en -sap in bak. Klits tot goed gemeng. Giet suurlemoenmengsel oor warm bodem.
- Bak vir nog 20 minute of tot ferm. Laat pan op draadrak afkoel voor jy in blokkies sny. Sif versiersuiker oor blokkies net voor opdiening. Vegetaries
rr wenk: Die blokkies kan drie dae in ‘n lugdigte houer in die yskas gebêre word.
Lees ook: Sjokolade-en-piesangtertjies | rooi rose
