Bestanddele
- 6 x 300 g lamskenkels
- meel
- 30 ml (2 e) olyfolie
- 2 uie, gekap
- 4 knoffelhuisies, fyn gedruk
- 250 ml (1 k) rooiwyn
- 2 x 400 g geblikte heel tamaties
- 500 ml (2 k) hoenderaftreksel
- 15 ml (1 e) bruinsuiker
- 4 vars lourierblare
- ’n paar takkies vars tiemie
Instruksies
- Strooi die meel oor die lamskenkels en skud die oortollige meel af.
- Verhit die olyfolie oor hoë hitte in ’n groot swaarboom kastrol en braai die lamskenkels daarin vir sowat 2 min. aan albeikante, of tot hulle mooi goudbruin is.
- Haal uit en hou eenkant.
- Soteer die uie en knoffel in dieselfde kastrol tot sag en goudbruin.
- Voeg die wyn geleidelik by terwyl jy deurentyd roer. Skraap die geurige aanpaksels op die boom van die kastrol met ’n houtlepel af.
- Laat vir sowat 1 min. kook.
- Voeg die tamaties, water, suiker en lourierblare en tiemie by.
- Sit die lamskenkels terug in die kastrol. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en sit die deksel op.
- Laat vir 2 uur stadig prut, of tot die vleis sag is en die sous verdik het.
Bedien met romerige polenta of kapokaartappels.
