Genoeg vir 4
Bestanddele
- 500 ml (2 k) gaar pampoen, fyn gedruk
- 1 eier, geklop
- 30 ml (2 e) koekmeel
- 5 ml (1 t) bakpoeier
- knypie sout
- olyf- of avokado-olie
Okkerneut-bruinbotter
- 125 ml (½ k) botter
- 100 g (1 pakkie) okkerneute, liggies gerooster
Vir opdiening
- hand vol roketblare
- parmesaankrulle
Metode
- Meng die pampoen, eier, koekmeel, bakpoeier en sout.
- Verhit genoeg olie in ’n groot pan oor matige hitte en skep eetlepels vol van die mengsel in die pan. Braai vir sowat 5 min. aan elke kant of tot goudbruin en gaar. Voeg nog meel by as die koekies moeilik braai.
- Sit die koekies op 4 dienborde. Smelt die botter oor matige hitte tot bruin en met ’n neuterige aroma. Gooi oor die pampoenkoekies.
- Kap die okkerneute en strooi oor die pampoenkoekies. Dien op met roketblare en parmesaankrulle.

