kategorieë: Blogs

Aan Tata se kinders

Liewe Kinders,

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Gisteraand, op 5 Desember 2013, het Suid-Afrika sy pa verloor en Afrika ’n groot man. Julle is nog te klein om te besef wat hy werklik vir ons en julle gedoen het, maar vanoggend huil Mamma en mense van regoor die wêreld saam. Ons harte is seer, want hy het vir ons en julle ’n groot geskenk gegee. Eendag, as julle groot is en met jul voete stewig op hierdie Afrika-grond staan, sal julle beter verstaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Nelson Rolihlahla Mandela is in 1918 in Mvezo in die Transkei gebore. Mamma sal nog vir julle gaan wys waar dit is, ek wil ook gaan kyk. Van kleins af het hy geglo in alles wat goed en reg is. Onregverdigheid, wreedheid en bakleierigheid is dinge wat hy gesien en nie van gehou het nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Liefde, geduld, vrede en gelyke kanse vir almal van ons – dít was vir hom belangrik. So belangrik dat hy vir 27 jaar in die tronk was en ‘n groot deel van sy jong lewe opgeoffer het om seker te maak julle toekoms in hierdie land (en dié van jul kinders en kleinkinders) is blinker en beter.

In 1994, die jaar toe Mamma as au pair in Nederland gewerk het, het ons vir die eerste keer in die land se geskiedenis ’n swart president gekry. Dit was ’n groot dag en skielik was Suid-Afrika weer die wêreld se witbroodjie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek was (en is steeds) baie trots om ’n Suid-Afrikaner genoem te word. Ek wonder baie wat sou gebeur het as Madiba nie vir ons tronk toe is nie. Madiba? So ver Mamma weet kom die naam van sy oupas en oumas of, soos ander sal sê sy voorvaders, en was dit die naam van ‘n Thembu stamhoof wat die Transkei in die 18de eeu regeer het.

Hoe sou Suid-Afrika vandag gelyk het as dit nie vir hom was nie? Hoe sou ons gedink het? En hoe sou jul toekoms gelyk het? Mamma wonder.

Julle sou beslis baie armer wees – en hier gaan dit nie oor geld nie, maar meer oor die hart. Mamma en Pappa praat baie oor hoe bevoorreg julle is om saam met al die kinders van Afrika te kan skoolgaan. Julle sien nie raak, soos ons het, dat jul maatjies wit of swart is nie. Dis julle maatjies, en wie ons is en waar ons vandaan kom maak min saak.

Julle ken nie iets soos apartheid nie – almal is dieselfde en word dieselfde groot. Ek bid dat hierdie vryheid een is wat julle altyd sal smaak, al loop dinge binne vryheid ook soms skeef. Maar danksy ons Madiba is apartheid vir altyd weg. Die moeilikste wat julle hopelik ooit sal moet doen is om apartheid te leer spel.

Gisteraand is Madiba dood. Hy was 95 jaar oud. Vanoggend weet ek dat hy in die hemel is. Ek wonder of Oupa Henri, Oom Hermie, Mamma se Oupa Pieter en Ouma Maria en ons twee ouma Anna’s weet hy’s daar? En onthou julle vir Oom Jakes Gerwel? Die gawe oom wat laataand vir Mamma gebel en dan vir Le Roux groete gestuur het? Die oom wat elke nou en dan saam met Mamma gaan sushi eet het? Hy en Madiba was baie goeie vriende, albei se harte so goed. Ek weet hulle is bly om mekaar vandag weer te sien. Oom Jakes het een keer, toe Mamma baie hartseer was oor grootmense se onregverdige besluite, vir my gesê Mandela het hom geleer dat geen mens ooit ‘n ander mag laat voel of hy sy baas is nie. Vandag weet Mamma dit is waar en probeer ek julle dit leer. Ons is almal net mens.

Liewe Kinders, as julle van nou af die naam Nelson Mandela hoor, weet hy was ’n groot man.

Amper vergeet ek, kyk in Oupa Jean se studeerkamer is ‘n foto van hom en Mandela saam. Mamma se wens is dat julle ook eendag dieselfde liefde, geduld en vrede sal uitstraal. En dat julle nooit iemand sal laat voel dat jul sy baas is nie. Tata Madiba, Mamma en Pappa sal trots wees op julle. Afrika en die wêreld ook.

Liefde
Mamma

(Marí Lategan, www.incontext.co.za)

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.