30 ml (2 e) botter + ekstra om die bak mee te smeer
4 uie, oorlangs in dik skywe gesny
sout en gemaalde swartpeper
6 aartappels, geskil en in dun lappies gesny - ons het ’n mandoliensnyer gebruik
500 ml (2 k) melk
’n paar tiemietakkies
½ ui
5 peperkorrels
1 lourierblaar
250 ml (1 k) cheddar-kaas, fyn gerasper
Instructions
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 20 cm- oondvaste bak met ’n inhoudsmaat van 750 ml met botter.
Smelt die botter oor lae hitte in ‘n verhitte middelslagpan en soteer die uie tot goudbruin en gekaramelliseer. Dit neem sowat 20 min.
Pak die aartappels en gekaramelliseerde uie in lae in die bereide bak.
Verhit die melk met die tiemie, ui, peperkorrels en lourierblaar in ’n kastrol tot net onder kookpunt. Syg die melk deur ’n sif maar gooi dit terug in die kastrol.
Smelt die kaas in die melk. Geur na smaak.
Gooi die melk oor die aartappels. Bak vir 1-1½ uur tot die aartappels gaar en goudkleurig is. Druk ’n toetspen in om te verseker dat dit deurgaar is.