Aartappels in spekvet gerooster deur Vickie de Beer. Foto: Charles Russel
Genoeg vir 6-8.
Bestanddele
- 1,2 kg aartappels, geskil en in kwarte gesny
- 500 g spekrepe
- ’n groot hand vol tiemie
- 4 takkies roosmaryn
- 1 heel knoffelknol, in huisies gebreek en gekneus
- sout en swartpeper
Metode
- Sit die aartappels in ’n groot kastrol met gesoute water. Bring tot kookpunt. Prut vir 12-15 min. of tot net gaar. Dreineer en laat effens afkoel.
- Braai die spek vir 20 min. in ’n groot pan oor lae hitte. Skep die vet uit en hou eenkant. (Gebruik die spek vir iets anders).
- Voorverhit die oond tot 200 °C. Krap met ’n vurk groefies om die aartappels en sit in ’n oondpan. Gooi die vet saam met die stukkies tiemie, roosmaryn en knoffel oor die aartappels. Geur met sout.
- Rooster vir 35 – 40 min. of tot goudkleurig en krakerig.
Sit voor saam met hierdie geroosterde beesrib
