kategorieë: Bekendes

Adam mik hoog

Hulle weet hoe om die hartsnare te tokkel en die tone te laat jeuk met lekker liedjies. Die popgroep Adam se jongste album, Hoogtevrees, gaan gelaai wees met dansmusiek, met as bonus raad vir diegene wat met hartsake sukkel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hugo Ludik en Reynardt Hugo het die titelsnit saam geskryf en eersgenoemde sê hul mikpunt was ’n boodskap waarmee die meeste mense hulle kan vereenselwig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Dit gaan oor ’n romantiese verhouding wat by ’n kruispad kom. Dis dan wanneer jy moet besluit of jy die verlede moet vergeet en op ’n skoon bladsy moet begin.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die manne het twee jaar aan hul nuwe album gewerk en hulle glo hulle het ’n versameling sterk liedjies waarvan aanhangers sal hou.

Hugo sê die musiek is in die tipiese Adam-styl waaraan hulle ondersteuners gewoond is. Hulle het die fondament behou, maar tog ’n paar nuwe klanke ingebring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die bedrywige groep het ná hul eerste album, Adam, in 2011 verskyn het, dadelik weer aan die werk gespring en Vir jou gemaak het in 2012 verskyn. Hul aanhangers moes twee jaar wag vir Goud (2014). Al drie hul albums het goud bereik!

Een van hul hoogtepunte was die liedjie “Sal oorlog vir jou maak”, wat spesiaal vir die lokettrefferfliek Pad na jou Hart geskryf is.

Ná die uitreiking het die liedjie op treffersparades geboer en is as ’n Huisgenoot Liedjie van die Jaar benoem, en het ook ’n Ghoema vir Liedjie van die Jaar losgeslaan. (Dit was nie hul eerste Ghoema nie. Hulle het in 2011 een gekry as Beste Nuweling en laas jaar een as Groep van die Jaar.)

Adam het ook al saam met internasionale kunstenaars soos die Ierse groep Westlife en die Australiese rockgroep Air Supply opgetree.

“Ek moes tussen krieket en musiek kies. Ek was nog nooit spyt nie” – Hugo Ludik

Hugo Ludik

Hugo het sy musiekloopbaan amptelik begin deur aan sêrkompe-tisies op universiteit deel te neem. Daar het hy sy liefde vir harmonieë en sang ontwikkel.’n Interkoshuis-serenade-kompetisie aan die Universiteit Stellenbosch het vir sy amptelike debuut gesorg. Hy het regte gestudeer en was ’n kranige krieketspeler. Hy erken hy het darem gestudeer ook!

“Ek het my graad gekry, maar ek dink nie ek sal ooit die regs-wêreld betree nie.”  Hy beskou die regte as sy “back-up” en sy musiekloopbaan is ’n droom wat hy najaag.

Hugo is die jonger broer van die sanger en akteur Stefan Ludik en die twee het al landswyd opgetree.

“Stefan het ’n groot invloed op my loopbaan gehad. Hy het eerste die musiekbedryf betree en toe ek hom dit sien doen, het ek besluit ek wil ook. As kinders het ons lekker baklei. Maar ons het ook ongelooflik lekker saam gekuier en baie kattekwaad aangevang.”

Hy het besef daar is ’n tekort aan oorspronklike Afrikaanse liedjies en begin skryf. Hy het in 2008 saam met Willie van der Merwe die Huisgenoot Tempo-liedjieskryfkompetisie met hul liedjie “Papsopwinterwaternat” gewen. (Kurt Darren het die liedjie opgeneem en ’n treffer gemaak.) Hy skryf nou liedjies vir Kurt, Willem Botha, Pieter Koen en Gerhard Steyn.

’n Belangrike aspek van sy loopbaan is sy produksiemaatskappy, Muse Productions, en sy betrokkenheid by die platemaatskappy Luisternet Musiek.

“Maak seker jou melodie en lirieke, veral van jou koor, is onvergeetlik en maklik. Die mense wil al by die tweede koor kan saamsing, al ken hulle nie die liedjie nie.”

Hy hou van ’n unieke titel en tema. “Al skryf jy oor liefde – waaroor 90% van liedjies gaan – maak seker jy sê dit op ’n unieke manier.”

Sy toekomsdrome sluit nog ’n lang loopbaan vir Adam in. Daarby hoop hy sy en Vaughan Gardiner se Muse Productions behaal groot sukses.

“Ek sien my werk as ’n besigheid en ’n vreugde” – Reynardt Hugo 

Reynardt Hugo

Ons ken hom ook as Tertius Jonker van die sepie Binnelanders, maar Reynardt sê hy en die dokter verskil baie. “Ek het darem by hom geleer om eerlik met myself te wees.”

Die sterre het begin blink met sy dramagraad aan die Univer-siteit van Pretoria, en met teaterstukke en verskeie musiekblyspele agter die rug, is hy gemaklik in die kollig.

“My graad het deure effens oopgemaak en die wêreld van teater ’n liefde gemaak. Ek het ook geleer hoe die professionele aspekte werk, soos om ’n agent te kry en hoe om in die bedryf te oorleef.”

Hy skryf die meeste van Adam se liedjies saam met Hugo en is van plan om sy talente ook op regie, stemwerk en radio uit te toets. Hy en sy medetoneelspeler, Desiré Gardner, is ook vennote in ’n dramaskool.

Hy het uit baie van die produksies waaraan hy gewerk het ’n les geleer. Uit die musiekblyspel Houtkruis het hy geleer om nugter te dink en dat geloof ’n persoonlike paadjie is wat jy moet stap soos jy goed dink.

“Ek dink teaterakteurs is baie dapper. Die meeste TV-akteurs ook. Teater en televisie is verskillend en elkeen vereis sy eie vaardighede.”

Hy verkies televisie, want hy het hard gewerk om die deure oop te maak.

“Om te sing is vir my soos om asem te haal” – Kyle Grant

Kyle Grant

Kyle het sy tande vir ’n verhoogloopbaan by Barnyard-teaterproduksies gesny en in 2009 en 2010 ’n draai op TV gemaak as Schalk in Egoli. En diegene wat in 2012 die musiekspel Dirty Dancing, The Musical gesien het, sal hom as die karakter Billy Kostecki onthou. Sy veelsydigheid as akteur, sanger en danser het hom in verhoogproduksies soos Chess – The Musical, Sunset Boulevard en Hairspray laat beland en die voorreg gegee om internasionaal te toer.

Hy het van skooldae af aan sangkompetisies deelgeneem en in die kerk gesing.

“Dis die grootste deel van wie ek is. En gelukkig het ek ouers gehad wat in my talent geglo het.”

Uit sy loopbaan by die Barnyard het hy geleer teater is nie vir sissies nie.

“Jou lyf en jou kop moet albei baie fiks wees as jy tussen ses en tien vertonings per week wil doen. Dit is baie harde werk en dit verg verskriklik baie fokus, want jy moet al die ander spelers sowel as die stutte op stel in gedagte hou. Jy is ’n spanspeler en een verkeerde beweging kan ’n lelike besering veroorsaak.”

’n Hoogtepunt van sy loopbaan was sy optrede saam met Laurika in Stuur Groete aan Mannetjies Roux. Laurika is vir hom soos ’n wyse ou uil – “die oorspronklike Afrikaanse storieverteller. Sy is ’n kalm perfeksionis en besluit met haar hart”.

Hy het ook al saam met Nataniël opgetree en beskryf hom as “die snaaksste en die mees professionele mens onder die son”. Hy het by hom alles van teateretiket geleer. “As jy nou op die verhoog klim sonder om ’n poeiertjie op jou gesiggie te sit gaan jou voorkop onder die ligte soos ’n fonteinpadda s’n blink, Kyle!”

Hy het groot drome vir Adam.

“Ons moet musiek maak wat mense gelukkig kan maak en ook diep kan raak. Ek wil ook hê ons klank moet aanhou groei.”

Hy wil eendag graag ’n album met ’n massiewe “big band-orkes doen. Swing, jazz en blues sal my liefde bly. Dis in my are.”

Volg ADAM op sosiale media

www.adamband.co.za
www.facebook.com/adamgroep
• Twitter: @Adamgroep

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.