Wat is ’n Desembervakansie in die Kaap sonder vis en tjips in Houtbaai-hawe, ’n rustige rit om Chapmanspeak en ’n lui middag by Chefs Warehouse Tintswalo Atlantic net voor die tolhek op dié natuurskone pad?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Chefs Warehouse Tintswalo Atlantic is pas as Afrika se beste nuwe restaurant in die 2021 World Culinary Awards aangewys. Dit is vroeër vanjaar in die gesogte Condé Nast Traveller Readers Awards 2021 as een van die beste nuwe restaurante in die wêreld ingesluit.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Die World Culinary Awards is die sustersgeleentheid van die World Travel Awards en streef daarna om uitnemendheid in die kulinêre bedryf te vier en te beloon en het ten doel om groei, innovasie en beste praktyk op ’n globale skaal te bevorder. Die program erken die volle spektrum van die globale kulinêre sektor met kategorieë wat wissel van beste kulinêre bestemming en beste hotelrestaurant, tot beste dakrestaurant en beste landmerkrestaurant.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Min plekke in die wêreld bied ’n eetkamer so na aan die wilde Atlantiese Oseaan as Chefs Warehouse Tintswalo Atlantic.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Chefs Warehouse Tintswalo Atlantic is een van sjef Liam Tomlin se tapasrestaurante wat onder leiding van hoofsjef Braam Beyers, tot sy reg kom. Bestanddele is vars, plaaslik en volhoubaar en bring hulde aan die see op sy voorstoep. Die aanslag is ’n multisensoriese ervaring met dekor wat die fokus op die idilliese uitsig, vars seebries, berg, fynbos en die unieke kos- en wynervaring vestig.
Deur Maryke Roberts
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.