kategorieë: Ons menseBekendes

Liefde op die kassie én af die kassie

Die nuus dat kykNET ’n tweede seisoen van Nêrens, Noord-Kaap goedgekeur het, was vir vele mense ’n heerlike Kersgeskenk. Twee van die akteurs in die reeks is Dean Balie, wat die rol van Jan-Jan Buys vertolk en Bianca Flanders wat die rol van sy vrou, Chrissie, vertolk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dié paartjie is in November getroud. Weens die pandemie het hulle hul troudag met ’n jaar uitgestel. Hulle vertel: “Ons troudag was gevul met familie, vriende, amazing kos, lekker musiek en hopeloos te veel wyn! Die hele dag was vir ons fantasies.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hulle beplan om in Januarie op wittebrood te gaan, waar hulle lekker kan voetslaan, op vierwielmotorfietse kan ry en tyd alleen kan deurbring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hulle het al saam in verskeie produksies opgetree. Dis juis die kunste wat hulle bymekaar gebring het. Die paartjie het in 2014 by die voormalige Fugard-teater in Kaapstad ontmoet waar hulle aan Blood Brothers gewerk het. Dean is ook bekend vir verskeie teaterrolle, maar sy TV-deurbraak was die rol van Slappies in Ekstra Medium. Dean is tans in die Arendsvlei op kykNET & kie te sien.

Bianca is tans in Krotoa in die Kunstekaap-teater te sien.Sy het haar eie kinderboek, Prinses Pampoenpit, die lig laat sien, wat oor ’n bruin dogtertjie handel wat nie van haar natuurlike krulhare hou nie en dan leer om dit te aanvaar. Dean het musiek daarvoor geskryf en Bianca droom daarvan om dit ’n volledige reeks te maak. Die tweede boek, Pampoenpit se groen gevoel, is onlangs vrygestel en hulle wil graag saam werk om die audioboek op te neem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hulle het pas hul eerste huis gekoop en in dié ou huis in Woodstock ingetrek. Hulle lag as hulle sê hulle is amper klaar uitgepak, maar dit neem soveel langer as wat hulle gedink het!

Hulle geniet dit om as paartjie saam toneel te speel, want daar is ’n gemaklikheid tussen hulle. ‘n Mens wonder watter ooreenkomste daar is tussen hulle twee en hul karakters in Nêrens, Noord-Kaap. “Ons is ook familiegeoriënteerd en hou van ’n lekker Kerspartytjie. Nes Jan-Jan en Chrissie,” vertel hulle.

Dean sing en speel klavier, kitaar, banjo en eintlik enige strykinstrument. Bianca sing en speel ook klavier. “Ons huis is altyd vol musiek, veral as van ons vriende oorkom en kuier!”

Bianca het onlangs klaar aan die reeks Troukoors vir Showmax verfilm. Dit word vandeesmaand vrygestel. Sy vertolk die rol van Abby, ’n vurige bakker. Bianca sê dit was groot pret om dié karakter lewe te gee.

Sy het ook vroeër haar eie rolprent, Nativity, wat ook binnekort op Showmax te siene sal wees, geskryf en die regie behartig.

Biance se werk dié feestyd gun hulle nie baie vrye tyd saam nie, maar hulle doen steeds ’n lekker familie-Kersfees in die Kaap en wil so tussendeur net ontspan. “Ons maak altyd pasteie op Kersdag en dans en luister Boney M om middernag,” vertel sy.

Vir hulle is Kersfees nie volledig sonder Mariah Carrey se All I want for Christmas is you, heerlike gammon en familie en lekker kos nie.

Oujaarsaand is ’n ete by hul huis met ’n paar vriende. Bianca is mal oor gasvrou speel en dit sal ook sommer hul daknatmaakpartytjie wees.

Deur Maryke Roberts

Lees ook: 10 Vrae vir Leon van Nierop

Deel
Gepubliseer deur
rooi rose span

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.