Is jy lief om berge en dale met jou stapstewels aan te pak? Niks kom by die betowering van die natuur en die ‘bonding’ met medestappers nie, maar daar is ook ’n paar slaggate wat jy kan systap as jy van hulle weet.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
1. Elke stapper het sy of haar gunsteling-energiekos vir saamdra, maar as jy ’n nuwe stapper is, is dit wys om te bly by kos waaraan jou spysverteringstelsel gewoond is. Sorg ook dat jy die dag voor die tyd nie ryker eet as gewoonlik nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }2. Blase op die voete maak dinge moeilik. Sykousies wat tot by die enkels kom, kan onder jou kouse gedra word om wrywing te verminder.
3. Kort toonnaels keer dat jou tone op afdraandes teen die voorkant van jou skoene stamp.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }4. Dra ’n rekverband om ’n knie of ander liggaamsdeel wat jou probleme gee.
5. ’n Ligte stapstok is ’n uitstekende belegging, veral as dit kan verstel; op- en afdraandes verg verskillende hoogtes. Dit maak jou stewiger op jou voete en beperk beserings.
6. ’n Sakkie vir jou kamera wat jy aan jou belt kan knip, is ’n bonus. Jou kamera is byderhand as jy iets wil afneem en nie jou stapmaats wil laat wag terwyl jy jou kamera uit jou rugsak grawe nie.
7. Pak lig, veral as die roete vereis dat jy op verskillende plekke oorslaap. Daar is lekker wenke by www.hikelight.com – veral in hoofstuk 2.
8. Dra jou stapstewels by elke moontlike oefengeleentheid voor jou staptog, al stap jy net in jou woonbuurt.
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.