Rond is nié gesond vir kiets en woefie nie. Promosie deur Hill’s Pet Nutrition.
In Suid-Afrika, volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), is 39% van volwassenes oorgewig. Boonop toon sommige studies dat byna 70% van vroue en 39% van mans in Suid-Afrika oorgewig of vetsugtig is. Hierdie tendens kom ongelukkig ook by ons troeteldiere voor. Na raming is meer as 50% van troeteldiere wat deur veeartse behandel word oorgewig of vetsugtig.
Tog sien 9 uit 10 diere-ouers hulle troeteldier se oorgewig as normaal. Daarmee saam beskou 92% van troeteldier-eienaars troeteldier vetsugtigheid nie as ’n gesondheidsrisiko nie!
Troeteldier vetsug-feite
- Vetsug kan ’n troeteldier se lewe met twee en ’n half jaar verkort
- Oorgewig katte is vier keer meer vatbaar vir diabetes en twee en ’n half keer meer vatbaar vir nierstene
- Oorgewig en vetsugtige troeteldiere is ook vatbaar vir ’n wye verskeidenheid ander siektes, insluitend hartprobleme en kanker
- Oorgewig troeteldiere is minder gelukkig
Troeteldier-ouers se gedrag dra dikwels by tot hulle troeteldiere se oorgewig deurdat hulle lekkernye, wat nié vir diere bedoel is nie, vir hulle dierekinders voer. Biltong, droëwors, kos van die tafel af en, ja, veral sjokolade moenie vir diere gevoer word nie.
Wenke om te keer dat jou troeteldier oorgewig word
- Moenie jou troeteldiere “menskos” of lekkernye voer nie
- Speel of gaan stap en hardloop met jou troeteldiere sodat hulle oefening kan kry
- Kies die regte troeteldierkos vir jou spesifieke troeteldier
- Indien jou troeteldier reeds oorgewig is, kan Hill’s Prescription Diet Metabolic help, aangesien dit jou troeteldier se metabolisme aanhelp
Maar hoe weet ’n mens dat jou liefling-kat of -hond oorgewig is? Hier is ’n paar tekens:
- Jy kan nie meer hulle ribbes voel nie
- Hulle het nie meer ’n waarneembare middel nie
- Vet pak aan rondom hulle heupe en by die begin van die stert
- Hulle “waggel” eerder as om te loop
- Hulle beweeg moeilik
- Hulle is kort van asem én kort van draad
Oktober is Troeteldier Vetsugmaand in Suid-Afrika en troeteldier ouers kan Pet Slimmer se webwerf www.petslimmer.co.za besoek om uit te vind of hulle diere se gewig gesond is, al dan nie – en dis gratis! Baie veeartse bied boonop die Hill’s Pet Slimmer-program regdeur die jaar aan en dis ’n suksesformule vir duisende katte en honde.
So by my kool! Hill’s Pet Slimmer-feite
- Sedert 2013 het al meer as 21 000 troeteldiere by Hill’s Pet Slimmer aangesluit
- Meer as 50 troeteldiere moes meer as 30 kg verloor!
- Die meeste gewig wat al deur een van die Pet Slimmers verloor is, is 26,7 kg
- Minder as 15% van die diere wat by die program ingeskryf word, is katte en die swaarste kat het 15 kg geweeg!
- Gauteng het die meeste oorgewig troeteldiere, gevolg deur die Wes-Kaap
Vir meer inligting aangaande Hill’s, besoek:
Facebook: HillsPetZA
Twitter: @HillsPetSA
Instagram: @HillsPetFoodSA
YouTube: HillsSouthAfrica
Deel jou kommentaar