kategorieë: Leef gesondGesondheid

Agt tekens dat jy nie eierselle kan skenk nie

Jy het minstens 300 000 ova, waarvan jyself net sowat 300 kan gebruik. Maar al het jy as jong vrou oorgenoeg om uit te deel – of te verkoop – moet dit fisiek en emosioneel die regte keuse vir jou wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Moenie ova doneer as jy polistiese ovaria het nie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Meisies met polisistiese ovariële sindroom mag glad nie skenk nie, sê dr. Johannes van Waart, fertiliteitspesialis van die Wijnland Fertility Clinic.

“Die hormoonbehandeling wat jy ondergaan as deel van eierskenking kan die eierstokke van hierdie groep pasiënte permanent beskadig. Hulle gaan ook maklik in ‘n toestand van hiperstimulering, wat hulle hul lewens kan kos. Daarom evalueer ons skenkers baie versigtig voor ons hulle toelaat om te skenk.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }


Die tekens van polistiese ovaria

As jy hierdie tekens het, selfs net een, maak seker ‘n fertiliteitspesialis (nie ‘n ginekoloog nie) evalueer jou voor jy skenk:

• Jy menstrueer ongereeld
• Jy is baie of selfs net effens harig. Blonde meisies is nie so opvallend harig as brunette nie maar harigheid is harigheid
• Jy het velprobleem
• Jy neig na oorgewig
• Jy is dalk effens manlik – nie noodwendig mannetjiesagtig nie. Dit kan baie subtiel wees, soos dat jou skouers net ‘n bietjie breër is as jou heupe of dat jy van nature gespierd is.

Lees ook: Swaar menstruasie -het jy endometriose?

Wat as jy ova oorsee skenk?

‘n Ondersoek deur ‘n gewone plaaslike ginekoloog is nie goed genoeg nie. Nét fertiliteitsginekoloë doen die fyner ondersoeke wat bepaal of jy veilig kan skenk. Belê hierin en betaal vir jou eie ondersoek, vóór jy oorsee vertrek.

Eierskenking en depressie, bipolêr, aborsie en dwelms

Ovaskenking gaan oor baie meer as net die fisieke skenking, sê Lizanne van Waart, wat as sielkundige van die Wijnland Fertility Clinic meisies baie versigtig keur voor hulle as skenkers aanvaar word.

“Skenking het ook ‘n emosionele kant, wat beteken dat dié aksie party van ons eerder gaan knou as baat. Ons sal nooit ‘n meisie laat skenk as ons dink dit gaan haar emosioneel skade aandoen nie.”

Skenking is nie die geld werd as jy in een van die volgende kategorieë val nie:

• Jy is as kind seksueel mishandel: Jy is te broos vir skenking.
• Jy is deur ‘n aborsie: Jy kan nie hierdeur vergoed vir die verlies of skuldgevoelens nie. Jy gaan waarskynlik jouself net meer ongelukkig maak.
• Jy is bipolêr of ly aan depressie: Dit kan jou verder siek maak.
• Jy is in ‘n seksuele verhouding: Dit kan vir jou maat moeilik wees om dit te verwerk.
• Jy kry soms of gereeld paniekaanvalle: Jy moet kalm en gemaklik in vreemde situasies kan wees, veral as jy oorsee wil skenk.
• Jy hanteer verlies baie swaar: Jy moet jouself maklik kan distansieer van die feit dat jy ‘n ‘kind’ iewers in die wêreld het.
• Jy dink aan hierdie ‘nasaat’ as jou nalatenskap: Jy beplan om nooit self kinders te hê nie, maar wil tog op hierdie manier iets van jouself nalaat.
• Jy gebruik dwelms – inkluis drank en sigarette: Dit is onregverdig teenoor die ontvangerouers dat jy geld wil maak uit jou ova wat moontlik beskadig is weens jou leefstylkeuses.

Lees ook: 11 gesondheidsondersoeke wat vroue moet doen

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.