kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Marna van ‘Die Brug’

In die hartjie van die ruie wildernis naby Buffeljagsdam buite Swellendam, het 12 vreemdelinge ’n avontuur aangepak om ’n brug te bou. Dit is nou letterlik en metafories, in kykNET se aangrypende nuwe werklikheidsprogram, Die Brug. Gisteraand se episode het ’n onverwagse wending geneem toe Marna Grobler, ’n 53-jarige geleentheidsbeplanner en driekampatleet van Roodepoort in Johannesburg, die kompetisie vaarwel moes roep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die plaaslike verwerking van die internasionaal bekroonde werklikheidsreeks, daag deelnemers uit om binne 20 dae ’n brug te bou om by die gesogte prys van R1 miljoen uit te kom. Buiten die fisieke uitdagings, hou die struktuur kinkels in wat die groep se sosiale vaardighede, morele waardes en uithouvermoë tot die uiterste toets.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Marna, ’n go-getter, bekend vir haar stiptelikheid, motivering en leierseienskappe, is ’n geleentheidsbeplanner en driekampatleet. ’n Gesonde leefstyl is vir haar belangrik en sy het onder meer ’n groen Comrades-nommer. “Mense sal my sien en my tannie noem. Kyk ek het ’n kleintjie dood daaraan. Moenie my tannie nie noem nie. Hierdie is nie ’n tannie nie. Ek is ’n go-getter. My ouderdom gaan jou verras,” vertel sy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Haar onverwagse vertrek het ontvou toe Jacques, wat skaars op die eiland aangekom het, die moeilike taak gehad het om alleen te besluit wie volgende verwyder moet word. Toe hy Marna se naam noem, was die meeste van die ander spelers verbaas, en Marna het erken sy was naar van skok.

Buiten die opwindende avontuur wat op die skerm uitgebeeld word, weerspieël Die Brug ook die deelnemers se persoonlike reise om struikelblokke te oorkom en brûe na nuwe moontlikhede in hul lewe te bou.

Marna vertel dat haar deelname aan die program oor meer as die strewe na die groot prys gegaan het; sy wou wys dat “die lewe nie ná 50 stop nie; almal het dit in hulle om doelwitte te stel en te bereik – maak nie saak hoe oud jy is, wie jy is of waar jy vandaan kom nie.”

Sy wy juis haarself daaraan toe om vroue deur haar motiveringsblog, 50andMe, te inspireer. Hier vind jy artikels en interaktiewe gesprekke oor welstand, menopouse, skoonheid, resepte, avonture, selfversorging en selfs inkopies.

“Hierdie leefstylplatform is geskep kort nadat ek my 50ste draai om die son gemaak het. Ons wou ’n platform skep waar vroue hul stories kan vertel en hul paaie na geluk en sukses kan deel – ’n plek om ’n gevoel van behoort te vind.”

Karlien Meiring het meer oor Marna se persoonlike triomf gaan uitvind.

Hoekom het jy besluit om vir Die Brug in te skryf?

Ek hou daarvan om gedurig nuwe ervarings op te doen, nuwe dinge te leer, myself te verbeter en my perke te toets. Ek wil vir seker nie eendag stokoud wees en dink dat ek nie alles wat ek wou doen, gedoen het om ’n vol lewe te leef nie.

Watter boodskap of les hoop jy neem kykers weg van jou deelname aan Die Brug, veral dié in die 50+ ouderdomsgroep?

Dit is belangrik vir ons as vroue om te weet dat ons ouer kan word en nie oorweldig hoef te voel nie, maar eerder fabulous. Ons gee onsself nie genoeg krediet nie en ons dink soms omdat ons ouer is, hierdie geleenthede nie vir ons beskikbaar is nie. Daar is genoeg sonskyn vir ons almal. Al wat dit verg om al ons drome en doelwitte bereik, is vertroue in onsself. Ouderdom is net ’n nommer – ons is ons energie, nie ons ouderdom nie.

Wat is die avontuurlustigste ding wat jy nog gedoen het, behalwe om aan die program deel te neem?

Ek het solo valskerm uit ’n vliegtuig vanaf 3 500 voet (1,07 km) gespring!

Watter dele van die program was vir jou die uitdagendste?

Geen koffie, die portaloo skoonmaak en saam met ses snorkende mans in een kamer slaap! Ek is nou goed voorbereid in al drie die bogenoemde en reg vir die tweede seisoen van Die Brug!

Watter boodskap wil jy aan lesers met jou blog, 50andMe, oordra?

Ek wil vroue help om fantasties eerder as oorweldig te voel soos hul ouer word. Hierdie platform is ’n dorpie van eendersdenkende vroue. Ons vier energie eerder as ouderdom, dit is ’n herinnering dat jou tyd aangebreek het om jouself te herontdek en jou passies met al jou energie, tyd en talent na te jaag.

Vroue bereik dikwels hul grootste suksesse, geluk en vervulling ná 40. Al ons ondervinding en wysheid beteken dat ons beste dae nog kom!

Die Brug word op Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Dit kan ook op DStv Stream gestroom word en is op Catch Up beskikbaar.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Nadia Valvekens oor ‘Diepe Waters’

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

3 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

3 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

3 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

3 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.