kategorieë: DekorLeefstyl

Agter die kleurryke skerms van rooi rose se dekorartikels

Agter die kleurryke skerms van rooi rose se dekorartikels deur Cornel Dunn.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Het jy al ooit gewonder hoe ons ons dekorstories wat elke maand in die tydskrif verskyn, laat gebeur?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ons wys jou stap-vir-stap hoe dit agter die skerms werk …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Beplanning

Ons begin maande voor die tyd beplan om die jongste dekortendense in die tydskrif te verewig. Die elemente wat internasionaal bekend is, is nie altyd in Suid-Afrika beskikbaar nie, so ons moet baie improviseer.

Produkte

Ons bring ure voor die rekenaar en op straat deur om die beste produkte vir elke produksie te soek.

Voorbereiding

Vloerbedekking, verf en muurpapier is van die enkele elemente vir die perfekte agtergrond vir ons produksies.

Ateljee

Die ateljee is ’n groot wit ruimte wat ons moet inkleur. Houtborde word gebruik om mure te bou en die illusie van ’n vertrek te skep.

Storieborde

Hier gebruik ons inspirasie om die uiteindelike lys van foto’s te beplan en te bepaal.

Twee dae voor produksie

Ons besoek winkels en kies items met die hand uit.

Een dag voor produksie

Die vervoermaatskappy laai meubels by die ateljee af. Alles is toegedraai en ons het nie ’n benul wat binne-in is nie!

Dag van produksie

Elke foto word saamgestel deur die meubels en elemente wat ons vir elke voorkoms gekies het. Soms is ’n kas te groot, of ’n tafel te klein. Dan improviseer ons weer eens.

Spierkrag!

Alle meubels word rondgedra. Prente word gehang en na alles moet elke item weer verpak word.

Tot volgende maand …

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.