kategorieë: HareSkoonheid

Bruin na blonde hare: Rolene Strauss se haarstilis vertel ons hoe

Bruin na blonde hare: Rolene Strausse se haarstilis vertel ons hoe. Deur Corné Greeff. Hooffoto: Verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die voormalige Mej. Wêreld, Rolene Strauss, se pragtige, lang hare en natuurlike krulle is iets waarvan meninge vrou seker droom. As kind het sy ligter hare gehad, en sy het besluit dit is tyd vir ’n verandering.

Eloise Steyn, haarstilis by die Gary Rom Hairdressing-salon in Willowbridge, is verantwoordelik vir die kapsels van bekendes soos Rolene, Minki van der Westhuizen, Werner Kok en Francois van Coke, en is ook deesdae die stilis wat vir van ons lesers ’n nuwe voorkoms skep. Ons het by haar gaan inloer om meer te wete te kom oor Rolene se nuwe haarstyl, asook wat jy moet weet voordat jy so ’n groot besluit neem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Rolene wil inspireer met haar album vol lewenslesse

Om van bruin hare na blond te gaan is ’n proses en die regte stappe moet gevolg word om seker te maak jou hare bly gesond. Watter stappe het julle gevolg om Rolene se hare weer blond te kry?

Ek het Rolene se hare maande lank voorberei vir die groot verandering. Sy gebruik die Silk Force Treatment van Gary Rom Hair Care (R1 740) om die hare te versterk. Ons het nie in een dag bereik wat ons wou nie, maar het dit geweet. Ons doen dit geleidelik juis om die toestand van haar hare te beskerm. Ons het ’n prentjie in gedagte van wat ons wil bereik en werk daarheen.

Lees ook: 8 dinge wat jy moet weet voordat jy jou hare blond kleur

Hoekom het sy besluit om weer ’n blondekop te word?

Rolene se hare was eintlik altyd natuurlik ligter en ons het toe ligte strepies bygesit. Dit verg meer onderhoud en toe sy swanger raak en in haar laaste studiejaar het sy haar hare net donker gemaak omdat dit minder onderhoud en tyd geverg het. Nou is dit weer tyd vir ’n verandering. Werner Wessels, haar stilis en vriend, is mal oor haar ligter hare.

In watter toestand moet jou hare wees sodat dit nie beskadig word wanneer jy van bruin na blond gaan nie?

Dit is belangrik dat jou hare in ’n baie goeie toestand is en dat jy bereid is om die regte salonprodukte te gebruik, anders sal jou hare breek en uitgedroog voorkom.

Lees ook: Diaan Lawrenson gesels oor haar pienk hare PLUS ons wys jou hoe om self pienk hare te kry

Wat is jou beste wenke vir vroue wat dit ook oorweeg?

  • Moenie wonderwerke en towerstaffies verwag nie. Dit is ’n proses en kan nie in ’n dag gedoen word nie.
  • Moet niemand glo wat vir jou sê dit is moontlik om binne ’n dag van donker na baie blond te gaan dag sonder nadelige gevolge nie.
  • Moenie te vinnig ná die tyd ’n pers sjampoe gebruik nie. Die hare is poreus ná so proses en jou hare sal pers word.
  • Jy moet voor die tyd salonbehandelings laat doen, ook op die dag en ná die tyd om te verseker jou hare bly gesond.
  • Jy moet die regte salonprodukte gebruik. Dit sal die regte hoeveelhede nutriënte voorsien.

Hoe gereeld moet jy teruggaan salon toe?

Die kleur moet elke ses tot agt weke opgekikker word, afhangend van hoe lig die hare gemaak word of watter tegniek gebruik word. Jou stilis behoort vir jou te sê.

Hoe weet jy of ligter hare by jou sal pas?

Gewoonlik hang dit van veltoon en gelaatstrekke af. By Gary Rom Hairdressing doen ons ’n konsultasie met dream colour capes om te help sien wat die ondertoon van die vel is. ’n Goeie aanduiding is ook om op jou kinderfoto’s te kyk watter kleur jou hare was.

Voor

Foto: verskaf

Na

Die ligter strepies in haar hare lyk mooi natuurlik! Foto: Verskaf

Rolene se hare as kind was ook baie ligter:

Psst… Loer ook hier na ’n paar ander bekendes wat onlangs hulle haarstyle verander het

Roxy Louw

Die pragtige model en branderplankryer het besluit dit is tyd vir verandering. Van stiliste tot modelagentskappe het al aanbeveel dat sy haar hare sny en nou het sy die stap gedoen en haar langer lokke vir ’n korter lob verruil.

Voor

Na

Zac Efron

Die hartebreker wat bekend is vir sy rolle in High School Musical, Baywatch, Neighbours en The Greatest Showman het onlangs sy donker hare vir ’n ligter, gebleikte haarstyl verruil.

Voor

Na

Katherine Langford

Dit lyk amper of die ster van 13 Reasons Why nie kon besluit wat sy wil hê nie. Sy het onlangs haar hare van bruin na rooi en terug na bruin verander.

Voor

Terug bruin toe

Hailey Bieber

Dié model en Justin Bieber se vrou het onlangs haar langer kapsel vir ’n korter lob verruil.

Voor

Na

Ashley Tisdale

Die aktrise en sanger het besluit pastelpienk is nie meer vir haar nie en sy het weer blond geword.

Voor

Na

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.