kategorieë: Ons menseBekendes

Agter-die-skerms: Kry Irene Fischer se voorkoms

Irene se voorkoms

1. Gebruik ’n onderlaag met ’n skakering wat so na as moontlik aan jou velkleur is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

2. Vul jou wenkbroue met ’n bruinkleurige wenkbrou-potlood of oogskadu in. WENK: Gebruik ’n bruin wat jou haarlyn so na as moontlik naboots.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

3. Plaas ’n donker, mat bruin oor die hele ooglid. Wend dan ’n glinsterende oogskadu oor die bal van jou oog aan. WENK: Charlie het MAC-oogskadu in die skakering, Woodwinked, gebruik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

4. Gebruik ’n mat, swart oogskadu as oogomlyner en wend dit met ’n klein grimeerkwassie teen jou wimperlyn aan, soos wat jy oogomlyner sal aanwend.

5. Wend maskara aan jou boonste wimpers.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

6. Moet nie enige produk soos oogskadu, oogomlyner of maskara onder jou oë aanwend nie. Dit skep die illusie van ’n opwaartse effek. WENK: Indien jy ’n jonger voorkoms wil skep, is hierdie die truuk vir jou!

7. Wend ’n veltoon, mat poeier op jou wange aan. Dit sal jou wangbene beklemtoon. Wend dan ’n ligte pienk blosser aan die appels van jou wange. WENK: Charlie het MAC Mineralize Blush in die skakering, Warm Soul, gebruik.

8. Wend ’n ligte pienk lipstiffie aan om die voorkoms af te rond. WENK: Charlie het twee kleure gemeng om die perfekte skakering vir Irene te skep.

Charlie se wenke

  • “Onthou, donker kleure druk terug en ligte kleure bring na vore. So as jy diepte op jou oogbank wil skep, gebruik ’n donker kleur”.
  • “Moet nie net mat produkte op jou wange aanwend nie, dit is geneig om die gesig plat te laat voorkom.”
  • Indien jy oogomlyner onder jou oë wil aanwend, meen Charlie dat jy eers na jouself in ’n spieël moet kyk terwyl jy glimlag. Hoe meer jy van die wit van jou oë kan sien, hoe meer oogomlyner kan jy aanwend. As jy net ’n klein gedeelte van die wit sien, stel Charlie voor dat jy oogomlyner op net ’n derde van jou oog aanwend.

*Besoek Charlie se blog vir meer wenke. Klik hier

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

16 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.