kategorieë: Ontspanning

Verken die kunste tydens ‘World Slow Art Day’

Slow Art Day is ’n jaarlikse gebeurtenis waartydens kunsgalerye, saam met vrywilligers vanuit die publiek, die wyse waarop kuns besigtig en interpreteer word verander.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit geskied deur ’n netwerk van vrywilligers wat elk vyf kunswerke vanuit ’n galery identifiseer en vir 10 minute na elke kunswerk kyk. Daarna deel elke persoon sy/haar bevindings oor middagete en word daar op dié manier ’n gesprek oor die kunste begin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die doel van hierdie dag is dus om aan die publiek die geleentheid te bied om sonder professionele begeleiding hul eie interpretasies van kunswerke te maak. Só word ’n passie en kreatiwiteit ontlok wat geen woorde kan beskryf nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe dit werk

Kunsgalerye en museums van regoor die wêreld kan via die Slow Art Day-webtuiste aansluit en hul kunswerke vir dié dag beskikbaar stel. So ook kan vrywilligers aanlyn registreer om by ’n plaaslike galery vir die dag aan te sluit en die kunswerke te geniet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Slow Art Day in Suid-Afrika

Daar is tans geen Suid-Afrikaanse kunsgalerye of museums wat aan dié inisiatief deelneem nie, maar dit dien as geen verskoning vir ons kunsliefhebbers om bymekaar te kom en die kunste steeds te geniet nie!

Wanneer: 9 April 2016

Waar: Jou naaste kunsgalery of museum

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

5 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.