istock
Ahhhh-tiesjoe! Wat jy moet weet oor nies en bestuur deur Anet Schoeman
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Maak vas jou sitplekgordel. Moenie drink en bestuur nie. Hou by die reëls. Wees verdraagsaam. Ons trap in ons spoor op die pad, want ongelukke skuil om elke hoek en draai as jy nie fokus nie. Tog het ek nog nooit aan nies gedink as ’n risikofaktor nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Lees ook: Wees ’n geduldige bestuurder
Tot iemand onlangs agter in my vriendin se voertuig vasry en haar verskoning bied: Jammer, ek het genies!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Lees ook: Wat om te doen as jy in ’n motorongeluk beland
Vriendin was effe uit die veld geslaan, maar as jy dink hoe dit feitlik onmoontlik is om ’n niesbui te keer, is dit heel verstaanbaar. En boonop gebeur dit veel meer as wat mens dink.
’n Studie het getoon dat meer as twee miljoen ongelukke per jaar in die Verenigde Koningkryk deur nies veroorsaak word en hul raai mense wat ’n slegte griep of verkoue het om eerder nie te bestuur nie. Dieselfde geld mense wat weens hooikoors en allergieë nies.
Boonop het die studie ook gevind dat 60% van ons gebruik onwillekeurig ons hande om ’n nies te keer as ons nie ’n snesie byderhand het nie. As jy nies knyp jy ook gewoonlik jou oë onwillekeurig toe en volgends die studie kan dit vir ’n hele 10 m wees as jy teen 60 km/h beweeg en dus twee keer so lank teen 120km/h. Uit die studiegroep het ongeveer ’n kwart van die mense gesê dat hul gewoonlik meer as een nies gee. Dus vergroot die risiko.
pixabay
Lees ook: Pasop vir seinblokkers
Voorkom dat grypdiewe jou motor teiken
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.