kategorieë: Dra dit soMode

Dra Kersfeesmotiewe met oorgawe

Dra Kersfeesmotiewe in oormaat deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee. Hooffoto: Shuttermutts Pet Photography

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Met groot motiewe en vrolike patrone wat weer hoogmode is, kan ons nie anders as om aan daardie tradisionele Kerfees-kledingstukke te dink nie. Wat jy dalk eens gedink het is oordadig, is nou perfek vir enige Kersgeleentheid, van ’n familie-ete tot ’n partytjie. Die geheim bly egter om jou styl steeds modieus en stylvol te hou met hierdie prettige item. Hier is ’n paar riglyne om in gedagte te hou:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vroue

Ons vrouens hou daarvan om stylvol te lyk, daarom is ’n neutrale palet die beste keuse wanneer jy ’n fokusitem daarmee saam dra. Hou by swart of wit wat goed met die Kerskleure sal kontrasteer. Vir ’n vroulike voorkoms is sagvloeiende rompe of rokke altryd ’n wenner en ’n hakskoen daarby gee jou ’n tikkie ekstra glans. ’n Paar deftige sandale werk net so goed. Hou jou bykomstighede minimalisties en eenvoudig.

C’est la Vie: C’est la Vie maak ook drukwerk van jou keuse op aanvraag.

Lees ook: Stylwenke vir die partytjieseisoen

Die beste skoonheidgeskenke vir Kersfees

Mans

Die man wat met sy bonkige Kerspatroontop op ’n familiefoto sal verskyn, is maar skaars. Dit beteken egter nie hy hoef vervelig te lyk nie. Begin klein en dra sokkies in die Kersfeeskleure. ’n Rooi hemp trek ook altyd aandag sonder om dit te oordoen. As dit by broeke kom kan hy steeds daardie lojale denim van hom aantrek. Denim is ’n neutrale kleur wat helder kleure soos rooi of groen goed balanseer. Vir ’n formeler voorkoms is snyersbroek in donkerblou of khaki ’n stylvolle keuse.

Lees ook: Grimeerwenke vir die feestyd

Haarstyl-inspirasie vir die feestyd

Kinders

Wie hou nie daarvan om hul kinders in fraaie uitrustings te klee nie. Daar is baie prettige slagspreuke om van te kies – jou kind mag dalk net die kollig op elke Kersfoto steel!

Dieremaniere

Vir diegene van ons wat ons dierekinders ook wil bederf is daar net soveel oulike opsies – van leibande tot jassies en selfs strikdassies. Nie alle diere is gemaklik met ’n band om die kop of ’n warm jassie om die lyfie nie, daarom sal ’n nekbandjie met ’n Kerspatroon die veiliger keuse wees.

Lees ook: Handwerk vir jou hond

Hoe om jou hond se ore skoon te maak

Donderweer, vuurwerke en jou angstige troeteldier

Red Dingo: Family Pet Centre, Centurion / Planet Woooof Pet Store, Kaapstad

Chuckles and co: Loer op facebook – Daar is verskeie materiale om van te kies vir strikkies, nekbandjies en leibande

Dogs life: www.dogslife.co.za

Barkstyle online: www.barkstyle.online

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.