kategorieë: In die nuusJou lewe

Ahhhh-tiesjoe! Wat jy moet weet oor nies en bestuur

Ahhhh-tiesjoe! Wat jy moet weet oor nies en bestuur deur Anet Schoeman

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Maak vas jou sitplekgordel. Moenie drink en bestuur nie. Hou by die reëls. Wees verdraagsaam. Ons trap in ons spoor op die pad, want ongelukke skuil om elke hoek en draai as jy nie fokus nie. Tog het ek nog nooit aan nies gedink as ’n risikofaktor nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Wees ’n geduldige bestuurder

Tot iemand onlangs agter in my vriendin se voertuig vasry en haar verskoning bied: Jammer, ek het genies!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Wat om te doen as jy in ’n motorongeluk beland

Vriendin was effe uit die veld geslaan, maar as jy dink hoe dit feitlik onmoontlik is om ’n niesbui te keer, is dit heel verstaanbaar. En boonop gebeur dit veel meer as wat mens dink.

’n Studie het getoon dat meer as twee miljoen ongelukke per jaar in die Verenigde Koningkryk deur nies veroorsaak word en hul raai mense wat ’n slegte griep of verkoue het om eerder nie te bestuur nie. Dieselfde geld mense wat weens hooikoors en allergieë nies.

Boonop het die studie ook gevind dat 60% van ons gebruik onwillekeurig ons hande om ’n nies te keer as ons nie ’n snesie byderhand het nie. As jy nies knyp jy ook gewoonlik jou oë onwillekeurig toe en volgends die studie kan dit vir ’n hele 10 m wees as jy teen 60 km/h beweeg en dus twee keer so lank teen 120km/h. Uit die studiegroep het ongeveer ’n kwart van die mense gesê dat hul gewoonlik meer as een nies gee. Dus vergroot die risiko.

pixabay

Wat kan jy doen?

  • Die meeste mense kan voel as ’n niesbui aankom. Indien dit moontlik en veilig is, is dit raadsaam om af te trek tot die niesbui oor is.
  • Praat met jou apteker oor mediksie. Maak net seker jy neem nie die een wat jou lomerig maak nie.
  • Inspekteer jou voertuig se lugfilter gereeld. Omdat dit stof en stuifmeel uit die lug filtreer bou dit later in die filter op en dan gaan dit jou allergieë vererger. Volgens kenners moet dit elke 15 000 km vervang word.
  • Vergroot jou volgafstand na ’n paar voertuiglengtes sodat jy ruimte het om te reageer.
  • As jy werklik ’n slegte griep of verkoue het is dit beter om nie te bestuur nie.

Lees ook: Pasop vir seinblokkers

Voorkom dat grypdiewe jou motor teiken

Die 5 inentings wat jy as volwassene moet kry

Is dit verkoue of is dit griep?

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.