kategorieë: Ons menseBekendes

Sosiale Media-influencers onder 25: Arnando Gericke

Sosiale Media-influencers onder 25: Arnando Gericke – Deur Zoë Salzwedel. Hooffoto verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

In ons nuwe reeks Sosiale Media-Influencers onder 25 gaan ons met ’n paar van Suid-Afrika se gewildste, invloedrykste en snaaksste influencers onder 25 onderhoude voer. In ons tweede artikel in dié reeks gesels ons met die talentvolle en baie gewilde Arnando Gericke (beter bekend as Plumboyy). Dié jong Wes-Kapenaar het hope talent, ’n goeie oog vir fyn detail en fantastiese grimeervermoë.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook: Sosiale media influencers onder 25: Koelkat Katinka Oosthuizen

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Soos ons verstaan was jy vanjaar in matriek aan die Curro Langebaan Independent School. Vertel vir ons van jou matriekjaar? Sien jy uit om klaar te maak met skool, of was jy een van daardie rare wesens wat eintlik skool geniet het?
Ek het nooit skool “gehaat” soos dit soms deur die karakters op televisie en films uitgebeeld word nie – ek was eintlik nog altyd opgewonde om my vriende te sien en my gunstelingklasse by te woon. In Graad 11 het ek egter begin voel dat die hele skoolgaan-storie nou maar einde se kant toe kan staan, want dit was tóé dat ek presies geweet het wat ek na skool wil doen … Grimering! Daardie dag het ek my keuse gemaak: hou uit, hou aan, druk deur, en vandag is ek uiteindelik klaar met my skoolloopbaan. Ek is oneindig dankbaar vir my ouers wat my in so ’n goeie skool gesit het, en ek sal altyd my tyd daar na aan my hart bewaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vertel vir ons van jou matriekafskeid? Wat was vir jou die lekkerste deel van die groot dag?
My matriekafskeid was ongelooflik! Die versiering van die lokaal, die kos en die atmosfeer was alles 10/10 in my boeke. Boonop was die dag vir my ekstra spesiaal, aangesien ek een van my beste vriendinne uit my ou skool as my metgesel kon saam neem.

Foto deur Elizma Theron

Wat is jou planne vir 2019?
Ek woon tans in Velddrif, maar die plan is om in Januarie 2019 na die Kaap te verhuis, waar ek saam met my pa gaan woon. Alhoewel ek onsettend uitsien na die nuwe hoofstuk in my lewe, gaan dit hartseer wees om my ma, my sussie en my Weskus-vriende agter te laat. Ek weet sommer ek gaan vreeslik na hulle verlang.

My plan is om verder te werk aan my Instagram-profiel, maar ek wil ook graag my eie YouTube-kanaal skep. Ek gaan ook daarop fokus om grimeerklasse aan te bied en ’n suksesvolle grimeerkunstenaar te word.

Ons hou ’n ruk lank al jou Instagram dop en kan nie genoeg van jou grimeervaardighede en – vermoëns kry nie! Vertel vir ons van jou liefde vir grimering. Waar het jy al jou tegnieke en vaardighede aangeleer?
Al die tegnieke en vaardighede wat ek gebruik, het ek vir myself aangeleer met behulp van YouTube-videos. Ek was letterlik dag en nag op YouTube om my gunsteling-grimeerkunstenaars se werk te volg en te sien hoe hulle sekere voorkomste skep. Ek het toe die groot besluit geneem om ’n persoonlike Instagram-profiel te skep waarop ek met met grimering kan spog en al my werk kan dokumenteer. Van dag een af het ek so baie liefde en ondersteuning van al my volgelinge ontvang, en is ek nog elke dag dankbaar vir die besef dat my harde werk en opofferings die moeite werd was!

Foto verskaf

Op watter ouderdom het jy jou liefde vir grimering ontdek?
Dit was twee maande na my sewentiende verjaarsdag – Julie 2017. Glad nie lank terug nie!

Het jy ’n gunstelingproduk?
Op die oomblik is ek absoluut versot op ‘Eu Roma Water’ van Lush Cosmetics. Ek is lief daarvoor om dit voor en na my grimering op my gesig te spuit. Dit bevat kalmerende eienskappe soos roos en laventel, wat nie nét jou gesig skoon en bevogtig hou nie, maar ook vars en lekker laat ruik.

Wie is jou grootste grimeer-inspirasie, en hoekom?
Beslis Jeffree Star! Hy het nog nooit toegelaat dat die negatiwiteit van sommige mense hom onderkry nie, en is vandag ’n suksesvolle en hardwerkende sakeman en ’n alombekende grimeerkunstenaar.

Wat is jou motto in die lewe, en hoekom?
“Die lewe is té kort om jou te steur aan wat ander mense dink. Doen wat jóú gelukkig maak.”

As jy slegs vier produkte kon gryp in ’n noodgeval, wat sou dit wees en hoekom?
My EssenceMake Me Brow’ wenkbrou-gel maskara, my ‘Conceal & Define’ verbloemer van Makeup Revolution, my Wet ’n WildMegaSlickslipglosser, en dan natuurlik ook my ‘Eau Roma Water‘ van Lush Cosmetics.

Wat doen jy graag in jou vrye tyd?
Ek spandeer graag tyd saam met my vriende – dis vir my die lekkerste lekker om saam met hulle nuwe avonture aan te pak, maar is net so gelukkig om saam met hulle by my huis te ontspan en net te chillax. Ek is ’n groot aanhanger van verskillende reekse, maar is terselfde tyd net so lief vir die natuur. Ek is mal daaroor om ’n dag by die see deur te bring, of sommer net op ’n “road trip” deur die Wes-Kaap te gaan.

As jy jouself in drie woorde moes beskryf, wat sou dit wees?
Hardwerkend, passievol en uniek.

Het jy enige raad vir jongmense wat graag self grimeerkunstenaars of kenners op dié gebied wil word? Miskien raad wat jy graag self wou hoor toe jy jonger was?
Wees altyd oop vir nuwe ervarings in die lewe. Moenie bang wees om gereeld iets nuuts aan te pak nie (al is die “iets nuuts” buite jou gemaksone). Volgens my is die resep vir sukses in dié veld harde werk en baie oefening … Maar die belangrikste raad wat ek ooit kan gee is dat jy nóóit in jouself moet twyfel nie – al voel dit asof almal en alles teen jou en jou besluite is. Uiteindelik is dit net jy wat jouself gelukkig kan maak!

Hou jy van wat jy sien? Volg gerus vir Arnando op Instagram

Wie dink jy gaan in die volgende artikel van ons Sosiale Media-influencers onder 25-reeks verskyn? Hou gerus dop!

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

10 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.