kategorieë: Ouerskap

Aktiewe kinders is slimmer kinders

Daar is deesdae baie meer kinders met lae spiertonus weens onderontwikkelde groot motorise beheer,” sê Lizette Brunner, ’n graadeen-onderwyseres van Durbanville.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Kinders se spiere in hul skouers en kern is nie sterk genoeg nie en dit affekteer fyn motoriese spierbeheer wat hulle vir skryf en teken nodig het. Dié probleem het die afgelope tien jaar geweldig toegeneem, en op die oomblik kry 15 van my klas se dertig leerlinge arbeidsterapie om spiertonus te verbeter.” Ouers besef nie dat klim en klouter die grondslag lê vir belangrike motoriese ontwikkeling nie. Omdat ouers so besig is, maak hulle op tegnologie staat om kinders te vermaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Ons sien meer motoriese probleme in gegoede buurte omdat albei ouers gewoonlik werk en min tyd het om met die kinders te speel. Minder gegoede huishoudings het minder tegnologiese speelgoed,” sê Lizette.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ouers sien deesdae ook nie altyd die waarde van grondslagaktiwiteite soos inkleur en knip nie. Dis belangrike fyn motorise ontwikkeling wat nodig is voor kinders suksesvol kan skryf.

“Baie kinders speel gedurig op konsoles wat nie dieselfde handbeheer aanleer nie. Aktiewe speletjies leer kinders ruimtelike oriëntasie en as hulle hier ’n agterstand het, sukkel hulle om take uit te voer. Die kind kan wel slim wees, maar hy raak agter omdat hy sukkel om te skryf en take uit te voer. Speel is een van die beste maniere om te leer,” sê Lynette.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat kan jy doen

Kry ’n sportsoort wat jou kind se persoonlikheid pas en wat vir hom lekker is. As die kind nie van sport hou nie, of nie aangelê is daarvoor nie, doen prettige goed by die huis. Laat hulle fietsry, swem of perdry. Kry ’n klouterraam of trampolien, swaaitennis of ’n klimtol. Gaan ry fiets in ’n park, skop of gooi balle, speel vroteier of enige van die prettige “partytjie-speletjies” wat ons as kinders gespeel het.

Die sportsielkundige

Lesley-Anne Pedlar van Greenside, Johannesburg, was in 2012 een van die sportsielkundiges vir die Olimpiese en Paralimpiese atlete en glo die voordele van oefening strek veel verder as die sportveld.

“Sport is ’n weerspieëling van die lewe, en kinders kan deur deelname baie lewenslesse leer. Dit hou soveel voordele in, maar die houding en optrede van ouers en afrigters gaan bepaal of dit vir die kind ’n positiewe of negatiewe ervaring is.”

Afrigters maak of breek kinders

Baie topafrigters was uitstekende spelers met uitmuntende tegniese vaardighede, maar beskik soms nie oor die baie belangrike sosiale vaardighede om die beste uit ’n speler te haal nie, sê Lesley-Anne.

“Daar is ’n groot behoefte om die afrigtingsvaardighede van afrigters te verbeter. In die groot stede is sport baie mededingend en vergeet ouers en afrigters dat pret ’n baie belangrike element van sport is.’’

Raad vir ouers

Is jou kind ’n uitblinker? Hou verwagtinge realisties en moenie in die slaggat trap om die kind te veel te druk nie. Baie kinders is teen die einde van laerskool al so moeg vir sportdruk dat hulle “uitbrand” en in die hoërskool aan niks wil deelneem nie. Onthou om ’n onderskeid tussen die kind en sy talent te maak. As die kind swak vaar, is dit net die vaardigheid wat nie op sy beste was nie. Die kind is nog net so spesiaal soos hy was.

Is jou kind gemiddeld? Beplan saam aan doelwitte sodat die kind voel hy vorder, maar teen sy eie pas en volgens sy vaardigheid. Maak seker hy hou minstens een jaar met ’n sportsoort vol, eerder as wat jy keer op keer geld in nuwe lesse en toerusting belê wat ná ’n paar maande hul nuwigheid verloor. Dis al hoe hulle deursettingsvermoë aanleer.

Wil jou kind nie deelneem nie? Dink aan meer moontlikhede as die sportsoorte wat die skool aanbied. Verweerkunssportsoorte soos karate en judo is goed vir aggressiewe of aandagafleibare kinders, want dit leer hulle beheer en fokus. Dans is ’n wonderlike aktiwiteit en seuns en meisies hou van hip-hop-danse. Dit leer hulle koördinasie, en die verskeie bewegings ontwikkel die spiere. Boonop is dit lekker sosiaal.

Die fisioterapeut

Bridget Marshall van Sandton is ’n fisioterapeut met ’n belangstelling in neuro-ontwikkelingsterapie.

“Ons kry toenemend kinders in graad nul, een en twee wat sukkel om te vorder. ’n Groot oorsaak is swak stabiliserende spiere wat jou postuur beïnvloed. As die stabiliserende spiere nie sterk genoeg is nie, kompenseer die lyf deur die mobiliserende spiere in te span. Hierdie spiere se funksie is vinnige beweging en nie volgehoue sametrekkings oor lang tydperke nie. Dus word die spiere gou moeg en veroorsaak dat die kind sukkel om stil te sit en te konsentreer. Die oorwerkte mobiliserende spiere word styf en kan nek- en hoofpyn veroorsaak.” Dit beïnvloed hul selfvertroue en keer dat intelligente kinders hul volle potensiaal bereik. Omdat kinders nie die basiese bewegings baasraak nie, is sport moeiliker en is dit nie vir hullelekker nie.

Die arbeidsterapeut

“Ek werk al 21 jaar in dié veld, en hoewel ouers se kennis op sekere vlakke toegeneem het, ignoreer hulle dikwels die basiese dinge omdat hulle te besig is,” sê René van Pletzen, ’n arbeidsterapeut van Durbanville. “Probleme word gewoonlik op kleuterskoolvlak al geïdentifiseer, maar omdat ouers so mededingend is, ervaar hulle dit maklik as persoonlike kritiek en is dadelik op die verdediging.”

Moontlike probleme

• Swak postuur laat kinders op ’n hopie sit en dan kan die diafragma en longe nie ordentlik werk nie. Daarom is energievlakke laag

• Kinders sukkel om ’n potlood vas te hou omdat hul groot motoriese beheer nie die fyn motoriese beheer kan onderskraag nie.

• Kinders kry hoofpyn omdat daar ’n wanbalans in spiere is.

• Hulle word soms verkeerdelik as aandagafleibaar bestempel omdat hulle te moeg is om te luister en swak luistervaardighede ontwikkel.

• Konsoles en televisie stimuleer kinders visueel, maar nie ouditief nie. Taalvaardighede is dan ook gewoonlik ’n probleem.

• Kinders praat swak omdat spraakspiere nie ordentlik ontwikkel nie.

• Kinders dra al hoe langer doek (soms tot op drie en vier jaar), want dermbeheer is ook aan motoriese ontwikkeling verbind.

“Skole fokus meestal op die akademie en vergeet dat as jy op sport fokus, baie van die sosiale probleme sal verbeter. Die sosiale voordele en lewenslesse wat kinders in sport leer, sal hulle tot in hul volwasse lewe bybly, en kan keer dat hulle by bendes betrokke raak en in misdaad verval. Maar om kinders betrokke te kry, sal leerkragte betrokke moet raak. Aktiewe ouers inspireer kinders om deel te neem en gesinne wat saam aktief is, vorm hegte bande.

Wat kan jy doen?

Babas behoort genoeg “vloertyd” te kry waar hulle vrylik beweeg en dinge ontdek. Ouer kinders kan in die huis help. Laat hulle die stoep vee, blare hark en help om die motor te was. Springtou, rekspring, rolskaatse, skaatsplanke en lemskaatse is ook goeie aktiwiteite.

10 lesse om uit sport te leer

1 Positiewe selfbeeld. Die vaardige afrigter en ouer sal sorg dat kinders hulle teen hulself meet en goed voel oor hul vordering.

2 Selfdissipline. Ons moderne lewenstyl is so gefokus op korttermynbevrediging. Sport kan kinders leer dat toegewyde oefening oor ’n langer tydperk vrugte kan afwerp.

3 Volharding. Dis ’n harde les om te leer om met grasie te verloor. Dit leer jou om aan te hou en volgende keer harder te probeer.

4 Sosiale vaardighede. ’n Span snoer uiteenlopende individue met verskillende sterk punte en persoonlikhede saam. Dis ook die ideale plek om vriende te maak.

5 Verdraagsaamheid. Kinders leer dat om saam te werk die beste uit die span haal.

6 Konsentrasie. Hulle leer fokus en dit het ’n positiewe uitwerking op akademiese vordering.

7 Leer om kritiek te verduur. Baie volwassenes sukkel hiermee. Hier is die positiewe rol van ouers en afrigters baie belangrik.

8 Behou perspektief. Dis belangrik om te wen, maar sport leer kinders dat ’n nederlaag hulle nie moet onderkry nie. Daar is altyd ’n volgende keer om weer te probeer. Beskou ’n mislukking as ’n geleentheid om iets daaruit te leer.

9 Vasbyt. Sport leer jou om aan te hou lank ná jy nie meer lus is nie.

10 Aanhouer wen. ’n Kind leer om daaraan te werk om te verbeter.

Lees ook: Hoe om ’n trae kind te motiveer

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.