Al lê die berge nog so blou… op Blaauwklippen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die plaas dateer uit 1682 en word gereken as een van die oudste wynplase in Stellenbosch. Die plaas het verlede jaar 340 se erfenis gevier en Van Loveren is ook sedert 2022 ‘n trotse aandeelhouer van Blaauwklippen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Nie alleen is die plaas die tuiste van ’n kelder, proelokaal, herehuis wat uit 1789 dateer nie, deli, fietsroete en weeklikse naweekmark nie, maar ook dié plek waar die Kamers/Makers jaarliks gehou word nie, daar is ook ’n pragtige glaskatedraal vir funksies soos troues en herdenkings. Daar is elke naweek pretdraf en -trap, luukse akkommodasie in die Jonkershuis en Herehuis en uitsigte oor die Hottentots-Holland- en Simonsberge wat jou aan ou Meesters se olieverfwerk herinner.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die pragtige herehuis dateer uit 1789 en kan deur ’n groep vriende of familie gehuur word vir ’n wonderlike luukse wegbreek op een van die land se oudste wynplase, maar sonder om enige moderne geriewe in te boet.more

Narina vertel: “Blaauwklippen is steeds ’n wynplaas, alhoewel dit ’n sterk leefstyl aanbieding het.”

Om op die plaas te gaan kuier – so teen die laaste stuiptrekkings van die oes – is ’n insiggewende gedoente. Verlede jaar is 175 ton druiwe geoes en vanjaar meer as dubbel soveel, 460 ton.

Narina neem ons eers deur die kelder, waar wyn gis, verouder en oorgepomp word. Elke kwartaal van die jaar het sy eie roetine en uitdagings. Terwyl ons deur die kelder stap, vertel sy dat dit die eerste maal in 30 jaar is wat Chardonnay op die plaas gemaak word. Sy koop die beste Stellenbosch Chardonnay druiwe in en verouder die wyn dan vir 11 maande in hout.

Sy vertel: “Malbec-druiwe is so vol sap en raak maklik pap; die bye draai daarom en ek verstaan hoekom die bye so mal oor Malbec is. Toe sy sien ek lig my kamera, “Malbec maak nie mooi foto’s nie – hy maak wel baie mooi wyn!”

Ons kom op die einde van die oes op die plaas aan en sien hoe die laaste druiwe inkom. Malbec maak glo nie mooi foto’s nie, maar lekker wyn, aldus Narina!

Die plaas het nie verniet verlede jaar dubbelgoud vir sy Malbec – die eerste keer in 20 jaar – by die Veritas-toekennings ontvang. Narina se trots is duidelik as sy byvoeg dat mense al begin om vir Blaauwklippen Malbec te vra. “Cabernet Sauvignon was nog altyd die ster van die show – nie net vir die groter Stellenbosch nie, maar ook hier op Blaauwklippen – maar Malbec is besig om dit verby te steek. Ons Malbec is ’n baanbekers wat verskeie pryse gewen het wat mens nêrens anders kry nie.”

Sy eksperimenteer met nuwe hout en ook ouer vate vir veroudering van hul Malbec, om verskillende geurprofiele te kry.

Die Malbec van die 2023-oes word na die kelder aangery.
Malbec word met die hand uitgesoek, voor die korrels gepars word om al die sap te onttrek.

Haar reis tot op Blaauwklippen het haar onder meer oeste by Glen Carlou Vineyards, Dornier Wines, AA Badenhorst Family Wines en Stellenzicht Wine Estate laat voltooi. Sy was vir ses jaar wynmaker by Quoin Rock Winery en dien op verskeie wynproepanele en -kompetisies.

Maar haar oë blink as sy oor haar lewe op Blaauwklippen praat. Die plaas het verskeie wynreekse, waarvan die premium-reeks onder meer die Bordeaux-versnit, De Blaauwe Klip 2017 (die plaas se eerste naam), Cabernet Sauvignon 2020, Malbec 2021 en Cabernet Franc 2019, insluit. Daar is ook ’n lekker verskeidenheid skroefdop-wyn en Narina sê dis om te verseker daar is iets vir elke smaak en sak!

Narina Cloete vier vandeesmaand haar sewende jaar as die wynmaker op Blaauwklippen.

Blaauwklippen is al jare bekend vir sy voorslag Zinfandel, ’n kultivar wat nie baie algemeen in Suid-Afrika geplant word nie, maar hier maak Narina vonkelwyn en Rosé daarvan. Die vonkelwyn is die land se enigste van Zinfandel. Dit verouder vir 28 maande op die gismoer.

Sy vertel: “Rosé word al gewilder en al meer mense vra vir Rosé by plase wat dalk nie gehoute witwyne het nie. Dis oor die algemeen ’n voller wyn.”

Die plaas se bekroonde wyne rus vir tot twee jaar in Franse eikehoutvate.
Eers die dag se gejaag afspoel met yskoue Brut 2020 Cap Classique. Daar is roosblaar en nektariengeure wat deurslaan en in lemoenbloeisel, aarbeie en suurlemoen draai en dis te danke aan die Zinfandel-druiwe.more

Hul Rosé van Malbec en Zinfandel is ’n lekker Provensaalse-styl Rosé en heerlik veelsydig. Dit staan sy man selfs ryker disse vir die winter en somer, vertel sy.

Die proelokaal is waar ons vashaak vir ’n kuier. Eers die dag se gejaag afspoel met yskoue Brut 2020 Cap Classique. Sy verlekker haar in die uitdrukkings op ons gesigte toe die roosblaar en nektariengeure deurslaan en in lemoenbloeisel, aarbeie en suurlemoen draai.

Hoe lekker is hierdie vlagskip-wyn voor die kaggel nie? De Blaauwe Klip 2017, is na die plaas se eerste naam vernoem en ’n volronde Cabernet Sauvignon gebaseerde versnit.

Die plaas het enkelkultivar Zinfandel 2019, maar sy het nie van 2020-2023 gemaak nie, want vertel sy met ’n knipoog, dis nie alleen ’n niche mark nie, sy het haar Zinfandel-druiwe nodig vir Cap Classique en Rosé!

Narina doen daarna ’n wynproe met ons van haar gunstelinge (bykans al die wyne!) en vertel Blaauwklippen is 115 hektaar groot, waarvan 40 onder wingerd.

Die pragtige glaskatedraal tussen die wingerde, waar die lekkerste (en mooiste) funksies gehou kan word, terwyl die bloue berge waghou.
Die ou muur waarin die hoenders toentertyd hul eiers gelê het, is deel van die herehuis se prag.

Ons is gelukkig om na ons lekker lang proe, van die laaste gaste te wees, wat by die restaurant kuier, want dit ondergaan ’n groot opknapping en ek kan nie wag om te sien hoe dit daar gaan uitsien nie.

Ná ete, kan jy lekker aan die 10 jaar oue potketel brandewyn of Before & After aperitif teug. As vonkelwyn nie jou kuif deurmekaarwaai nie, probeer die plaas se gins.

Jy kan jou verbeel jy is Simon van der Stel se vrou, as jy in een van dié luukse kamers in die herehuis slaap.

• Blaauwklippen se nuwe restaurant, De Blaauwe Kitchen, open op 1 Augustus. Die proelokaal, The Tasting House & IS Art Gallery het op 1 Julie geopen en is daagliks van 10:00 tot 18:00 oop. Hier kan jy verskeie wyn-en-kos pasmaat proeë, kaas-en-vleisborde, pizzas of kleinbordjie-geregte geniet.

Lees ook: WEN een van twee kaste van De Krans se portstylwyne!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Binnelanders-nuweling, Deoudoné van der Merwe

Jy kan dalk dink Deoudoné van der Merwe se TV-loopbaan het laas jaar met ’n…

10 hours Gelede

Verruklike winterpizza

Verruklike winterpizza met gekaramelliseerde uitjies, crème fraîche, orego en tiemie. Resep deur Vickie de Beer

10 hours Gelede

Nuutste beperkte hoeveelheid wyn-etiket van KWV se The Mentors

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf. The Mentors Limited Edition Tempranillo 2021 is…

11 hours Gelede

Ivan en Donnalee stel nuwe kykNET-reeks bekend

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

1 day Gelede

Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet

Deur Christa Swanepoel Oogsorg begin reeds van geboorte af. Pas ná geboorte moet ’n pediater…

1 day Gelede

Die beste eierbroodjie

Die beste eierbroodjie Lees ook: Spek-en-eier-pasta

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.