kategorieë: Bekendes

Alles oor die SAFTA’s

Die wenners van 2017 se Suid-Afrikaans Rolprent- en Televisietoekennings (SAFTAs) is op 16 en 18 Maart by Sun City bekend gemaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Afrikaanse produksies beleef tans ’n bloeitydperk en kan met heelwat groot toekennings spog. In die afgelope paar jaar het nuwe en talentvolle filmmakers na vore gekom om met nuwe stemme en vars perspektiewe ons Suid-Afrikaanse stories te kom vertel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Films soos Noem my Skollie en Nobody’s Died Laughing maak opslae in die bedryf en bring eg Suid-Afrikaanse stories na ons filmteaters en TV-skerms.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Nobody’s Died Laughing het die toekenning vir Beste dokumentêre film en Beste prestasie vir klankontwerp vir ’n dokumentêre film gekry:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Noem my Skollie is met die volgende toekennings huis toe:

Beste akteur in ’n vollengte film: Dann-Jacques Mouton

Beste prestasie in produksie-ontwerp vir ’n vollengte film: Warren Gray

Beste prestasie in kostuumontwerp vir ‘n vollengte film: Emma Moss

Beste prestasie in grimering en hare vir ’n vollengte film: Gale Sheperd

Beste akteur in ’n vollengte film: Abdurahgmaan Adams

Ons het ook skielik nuwe komedies soos Hotel (wat deur Nouvanaand vervaardig is) wat beslis ook internasionaal kan meeding. Die komediant James Borwick, beter bekend as Ferdie Kruger in Hotel, het ’n SAFTA-toekenning ontvang vir die beste akteur in ’n TV-Komedie:

Almal was mal oor Die Boekklub en ons kan heeltemal verstaan waarom – die produksiespan het die storie op ’n boeiende wyse vertel. Die draaiboek was manjifiek en die vertolkings van karakters deur akteurs soos Jana Cilliers, Armand Aucamp, June van Merch en Christia Visser was lewensgetrou.

Jana Cilliers is vir haar rol in Die Boekklub as die Beste ondersteunende aktrise in ’n TV-drama aangewys:

Louis Pretorius het die Beste prestasie in teks of draaiboek vir ’n TV-drama ontvang, ook vir Die Boekklub.

Die hartroerende en skokkende verhaal van Rachel wat haar kind se skielike dood moet probeer verwerk en boonop haar werkgewers moet vergewe, het selfs by internasionale filmfeeste aandag getrek.

Sink is met ’n rits SAFTA-toekennings by Sun City weg.

Beste prestasie in oorspronklike musiek vir ’n vollengte film: Chris Letcher

Beste prestasie in redigering vir ’n vollengte film: Nicholas Costaras en Brett Michael Innes

Beste prestasie in ’n teks of draaiboek vir ’n vollengte film: Brett Michael Innes

Beste Vollengte Film: Sink

Beste aktrise in ’n vollengte film: Shoki Mokgapa

Karen Zoid het die toekenning vir die Beste aanbieder van ’n geselsprogram vir Republiek van Zoid Afrika ontvang:

Bloedbroers het ook met vyf toekennings gespog

Beste prestasie in kinematografie vir ’n TV drama: Adam Bnetel

Beste prestasie in na-produksie: Oorspronklike musiek in ’n TV drama: Janine Neetling

Beste prestasie in kuns-/ produksie-ontwerp in ’n TV-drama: Bathoni Robinson

Beste prestasie in garderobe, grimering en hare in ’n TV-drama: Julia Rubinstein en Sulet Meintjies

Beste prestasie in na-produksie: Redigering in ’n TV-drama: Ula Oelsen en Johan Cronje

Die Afrikaanse filmbedryf groei jaarliks en ons is trots op elke wenner by vanjaar se SAFTAs. Baie geluk!

In ander nuus is Real Talk With Anele as die Beste geselsprogram op radio aangewys:

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.