kategorieë: Dra dit soMode

Almal dra ’n jas

Die ekstra lang jas

Die ekstra lang snit het die loopplanke verlede jaar reeds getref en dit gaan nog lank daar bly. Hierdie snit is veral gewild omdat dit saam met enige uitrusting gedra kan word. Dit is egter belangrik om die regte lengte vir jóú te kies. Hoe lank of kort jy ookal is, maak seker jou jas se soom eindig tussen jou kuit en enkel. Sodoende verhoed jy dat jou uitrusting nie reghoekig voorkom nie, en jou enkel vertoon ook dunner onder die jas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die koekon

Net soos ’n koekon, omvou hierdie snit jou lyf soos ’n silinder en dit werk die beste saam met noupassende klere. Hierdie jasstyl is kenmerkend aan sy wyer middel en nouer some – daarvandan die koekon-naam. Dra dit toegerits saam met skouerlengte-oorrringe, of oopgerits saam met ’n fokus-nekstuk. Kies dunhakskoene met gepunte tone vir ’n meer formele voorkoms.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Soldatejas

Almal herken dié sjiek, regafsnit met sy dubbelry-knope. Hierdie klassieke jas is tydloos en sal altyd op ons top-lysie wees. Dit beteken egter nie jy hoef outyds te lyk nie – Vernuwe die styl deur jou jas met verskillende belde vas te maak. Boonop sal dit jou middel beklemtoon, veral as jy bonkige klere saam met die jas dra. Die soldatejas kom in baie lengtes voor om almal op haar beste te laat lyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

A-snit

Dié styl is soortgelyk aan die soldatejas, maar dit klok effens uit van die middel na onder en eindig by jou knieë. Dus kan jy die jas alleen as ’n rok ook dra saam met ’n paar lang stewels en ’n serp. Bekendes soos Kate Middelton is veral lief vir hierdie snit, omdat dit ’n vleiende silhoeët, soos ’n uurglas, vertoon wat jou middel beklemtoon, maar ook breër heupe kan verdoesel.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

3 minutes Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.