kategorieë: KalenderOntspanning

Groot nuus! rooi rose is vanjaar by Aardklop!

4 stemme, 2 musikante, 18 gedigte

Landskap vertel stories ég aan ons land en sy mense en speel met unieke temas van die Suid-Afrikaanse kultuur. Die sielvolle produksie het weggestap met die WoordTrofee-toekenning vir “Beste Woordkunsproduksie” tydens die 2017 Woordfees in Stellenbosch. Vier stemme skep ’n landskap van musiek met toonsettings van onder meer Antjie Krog, Koos du Plessis, Eugene Marais en Breyten Breytenbach, Sheila Cussons, NP van Wyk Louw, Boerneef en Fanie Olivier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die bekende gedigte word opnuut gehóór en omsoom met ’n melodie wat musiek so deel maak van die teks. Alle kulture van die Suid-Afrikaanse landskap word besing; van Mabalel, “Last Grave at Dimbaza”, tot die Khoi-gedigNuwe maan”, asook ’n Griekwa-Psalm en ’n Boerneef-gedig wat die Kaapse landskap besing. Só bring die musikale ritmes en akkoorde nuwe vlerke aan van die mees bekende tekste uit ons land se poësie-skatkis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Daarmee saam die beeldskone, visuele interpretasies van die gedigte deur die talentvolle grafiese-ontwerpkunstenaar, Rudi Silbermann, en jy skep ’n atmosfeer wat nóg meer dinamiek en diepte gee aan die gedigte. Kom vier saam die beeldskone tekste van ons mees gevierde Afrikaanse digters en luister na klassieke Afrikaans soos “Huisie by die see”, dié keer met ’n nuwe Afrika-ritme.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bespreek jou kaartjies NOU by Computicket

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Belangrike inligting

Waar: kykNET Konservatorium @ Aardklop Kunstefees

Wanneer: 3 Oktober 17:30 | 4 Oktober 15:00 | 6 Oktober 09:30 | 7 Oktober 12:30

Kaartjies: R130

Duur: 75 min

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.