kategorieë: Ons menseBekendes

Altus Theart gesels oor EON se eerste album

Deur Catherine Schenck. Foto’s verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vertel ons meer van EON.

EON bestaan uit myself, Pieter Marcato en Jerry Spangenberg. Pieter speel acoustic guitar en Jerry speel lead electric guitar en ek  speel ook hier en daar kitaar en mondfluitjie. Ons ken mekaar al so vyf jaar; ek het vir Pieter en Jerry leer ken as deel van die groep Marcato en ek het so paar keer saam met hulle opgetree. EON is omtrent al vir twee jaar aan die gang met voorbereidings en ons tree al so om en by ses maande op.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe sal jy die genre van julle musiek beskryf?

Ons is ’n Afrikaanse alternatiewe rock/pop-groep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat is jou gunsteling-snit op die album?

Dis moeilik om ’n gunsteling te kies want ek (en ons!) hou van al die songs op die album, maar as ek moet kies, sou ek sê: Kom Ons Slaan Hom Uit die Park Uit. Dis ’n lekker party anthem wat ek dink ons as groep goed opsom.

Jy het ook al ’n solo-album uitgereik. Waar kom jou belangstelling in musiek vandaan?

Ek het groot geword met veral my ma wat altyd musiek gespeel het in die huis of in die kar. Van Afrikaans tot golden oldies tot klassieke musiek en ek dink dis maar waar alles begin het.

Foto verskaf

Jy speel in die gewilde reeks wat nou ’n sepie geword het – Getroud Met Rugby. Hoe was die oorgang na ’n sepie toe? Vanuit die oogpunt van ’n akteur, is die spel of die verhaal baie anders nou dat dit ’n sepie is?

Dit is ’n heeltemal ander approach as met die reeks, waar mens byvoorbeeld meer tyd het om die karakter of elke scene te explore. Ek speel dit nog steeds asof dit ’n drama-reeks is so die spel het nie baie verander nie, alhoewel die styl baie verskil tussen reeks en sepie. Die skrywers onder leiding van die ongelooflike Deon Opperman skryf gelukkig ook nog in die styl van ’n drama-reeks wat net afspeel in ’n sepie-omgewing.

Watter rugbyspan ondersteun jy?

Ek is ’n GROOT W.P./Stormers ondersteuner!

Waarmee anders is jy op die oomblik besig?

Ek is tans besig om alles in plek te kry vir my volgende solo-album en ek doen nog gereeld my solo-komedie, Hoe ’n Man se Kop Werk in teaters of by skole en feeste.

Gepraat van verhoë … Wat is die lekkerste ding wat jy al op die verhoog of voor ’n kamera moes doen?

Ek het ’n tydjie gelede ’n Superbowl Coke-advertensie gedoen waar ek my eie stunts kon doen op ’n motorfiets. Ek was ook aan ’n harnas vasgemaak om ’n redelike groot stunt te moet doen. Maar oor die algemeen geniet ek elke challenging scene wat ek moet doen.

Jy en jou vrou Zetske van Pletzen het in September 2016 ouers geword. Hoe het pa-wees jou verander?

Is soveel opsigte dat ek nie spesifiek kan sê nie! Maar grootliks is dit dat goed nie nou net meer oor my gaan nie maar oor die amazing mensie wat so diep in my hart gekruip het. Ek sal alles in my vermoë doen om vir hom te gee wat hy nodig het om sy volle potensiaal te kan bereik.

Wat geniet jy die meeste van pa-wees?

Om tyd saam met Alexander te spandeer en om elke dag te sien hoe hy ontwikkel en groei … en vir seker om te hoor hoe hy lag.

Lees ook ons artikel oor die liefde tussen Zetske en Altus

Lees ook ons artikel oor die geboorte van klein Alexander, Zetske en Altus se ouerskap-avontuur en wat sy oupa Pierre van hom dink

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.