kategorieë: Ons menseBekendes

Amore Bekker -“Eet net eers iets!”

Amore Bekker – “Eet net eers iets!” – Deur Zoë Salzwedel. Foto’s: Leana Clunies Ross

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Amore Bekker het byna drie dekades gelede so half per ongeluk op die radio beland.

Iemand het met haar ’n onderhoud gevoer nadat sy op een van haar vele reise as ’n skaapskeerder in Nieu-Seeland gewerk het. Haar radiopad het haar via gemeenskapsradio en ander kommersiële stasies uiteindelik tot by RSG geneem, waar sy deesdae sorg vir daaglikse vermaak en inspirasie met Tjailatyd.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

In ’n vorige onderhoud met rooi rose het sy vertel dat sy baie lank gebid het om vas te stel wat haar lewensdoel is. “Ek het al die tyd gesoek na ’n diep doel, maar toe besef ek die dinge wat my regtig diep gelukkig maak, is praat en kos. Daar is niks wat my gelukkiger maak nie! En as jy nou eers agtergekom het wat jou gelukkig maak, dan is jy mos elke dag in ’n goeie bui. Ek glo God het ons geskape omdat Hy ons wil geniet en sien dat ons geniet wat ons doen!”

Vir haar is daar ’n groot verskil tussen vreugde en geluk. “Geluk gaan op en af, maar vreugde is ’n konstante ding. Kom ons sê jy kry ’n boetekaartjie, of jy besef jy het vyf kilogram aangesit. Ja, dit maak jou ongelukkig, maar jou vreugde is iets dieper, die ding wat jou werklik gelukkig maak, jou passie.”

Ons het met Amore gesels oor ’n paar van die vreugdes in haar lewe.

Wat het die lewe jou tot dusver geleer?

Die lewe lyk net beter op ’n vol maag.  As jy by kritieke besluite kom, eet net eers iets!

Hoe bly jy altyd so positief?

Ek het my pad gevind.

Wat is jou motto?

“No guts, no glory.”

Amore Bekker -“Eet net eers iets!”, foto deur Leana Clunies-Ross

Wie inspireer jou, en hoekom?

Die swart en bruin vroue van ons land. Hulle het die moeilikste omstandighede, en trek aan die kortste ent. Tog werk hulle hard om hul kinders te help.

Jy is bekend vir jou liefde vir kos. Wat is jou droommaaltyd? En waaraan peusel jy graag?

Beslis skaaptjops! En ek peusel graag aan neute, vrugte en biltong.

Wat is jou gunstelinggereg om te maak as jy gaste onthaal, en waarom spesifiek dié gereg?

Kerrie is ’n goeie onthaalgereg, want jy maak hom ’n dag voor die tyd. Op die dag van die kuier is daar dan geen spanning as dit by voorbereiding kom nie. En die smaak is altyd ’n verrassing, selfs vir die sjef, want ’n kerrie smaak nooit dieselfde nie.

Beskryf jouself in een sin.

Honger en nuuskierig.

Watter raad het jy vir jongmense wat graag ’n loopbaan in radiowese oorweeg?

Gaan doen eers iets anders sodat jy ’n storie het om te vertel. Met ander woorde gaan lééf eers ’n bietjie. Gaan klop aan by ’n gemeenskapsradiostasie, en doen ondervinding op agter die mikrofoon.

Amore Bekker -“Eet net eers iets!”, foto deur Leana Clunies-Ross

Wat het jou na radio toe gelok?

My behoefte om ’n storie te vertel.

As jy oor jou loopbaan terugkyk, watter onderhoud staan vir jou uit en hoekom?

Die etiketkenner, Emsie Schoeman, het my aangenaam verras. Ek het ’n snobistiese dame verwag, en toe is sy ’n vreugdevolle platjie!

Vir nog lekkerlees-onderhoude met bekendes, loer hier

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.