kategorieë: Ons menseBekendes

Amore Bekker verander dinge

Amore Bekker neem eersdaags oor by Ruda Landman as aanbieder van die kykNET-program Verander Dinge. Sy sal saam met haar mede-aanbieder, Eloise Cupido, met mense gesels wat dinge verander of ’n verskil maak. Sy voer onderhoude met bekendes soos David Kramer en selfs haar voorloper, Ruda Landman.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons het met Amore gesels oor hierdie nuwe rigting wat sy inslaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jy neem eersdaags oor by Ruda Landman as mede-aanbieder op Verander Dinge. Hoe het jy betrokke geraak?

Die vervaardiger, Alan Ford, het my genader. Ek wou nog altyd in-diepte onderhoude doen, en televisie is ’n nuwe uitdaging vir my.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Eloise Cupido is jou mede-aanbieder. Wat het jy by haar geleer?

Om nie jou spontaniteit in te boet nie!

Hoe was dit om ’n onderhoud  met Ruda Landman te voer?

Sy was my eerste onderhoud wat ek vir Verander Dinge gevoer het, en sy moes geweet het dat ek effe op my senuwees was, maar sy het my só op my gemak laat voel! Ek wou nie vir haar die gewone vrae vra nie. Ek wou ’n Ruda leer ken wat ons nie van weet nie.

Verander Dinge is ’n program wat fokus op mense wat ’n verskil maak of dinge probeer verander. Hoekom is dit belangrik om te praat oor verandering en die aksies wat daartoe lei?

Verandering is ’n realiteit en ’n mens beplan nie noodwendig daarvoor nie. Dit is goed om te hoor hoe invloedryke mense dit hanteer – dalk leer ons iets!

Wie is jou gaste vir hierdie seisoen en waaroor gesels julle?

David Kramer, Koos Kombuis, Roelene Strauss, Mynie Grove, Alvon Collison, om net ’n  paar te noem.  Ons praat oor hulle “skarniermomente.”

Met wie sal jy graag nog ’n onderhoud wil voer?

Met al bogenoemde!

Hoe voel dit om voor ’n kamera te gesels en nie net agter ’n mikrofoon in ’n ateljee nie?

Ek weet nog nie … dit sit nog nie soos ’n ou jersey nie … ek voel-voel nog.

Amore was ook ons voorbladvrou vir die November 2014-uitgawe van rooi rose. Lees die onderhoud hier

Jy het eers drama studeer, hoe het jy op radio beland?

Laaaaaang storie, gaan kyk gerus na die onderhoude wat Ruda met my gevoer het waarin ek alles vertel: hier en hier

Jy het selfs skape geskeer voordat jy uiteindelik in die radio-wêreld beland het. Wat het jy uit hierdie ervaring geleer?

Dat mens moet doen wat jou hande vind om te doen terwyl jy wag vir jou skip om in te kom.

Wat is jou geheim vir radio-sukses – hoe kry jy dit reg om jou program so toeganklik vir ander te maak?

Wees eerlik.

Wat is die grootste flater wat jy al gemaak het?

Dis te groot verleentheid om hier te vertel …

Wat is, volgens jou, jou grootste sukses?

My genot wat ek put uit enige werk. Dis ’n keuse.

Jy praat gereeld oor die feit dat jy enkellopend is. Baie mense is enkellopend maar daar is ook heelwat stigma en verwagtinge om enkellopende persone. Watter raad sal jy vir enkellopende mense gee wat gereeld sulke verwagtinge en stigmas in die oë moet staar?

Ag heng, moet jou aan niemand steur nie!  Ek weet van geen stigmas of verwagtinge nie, ek is te besig om te lewe.

Wat sal jy nog baie graag wil vermag?

Ek wil net my volgende bord kos geniet.

Die eerste episode van die nuwe seisoen van Verander Dinge sal Sondag 8 Oktober 2017 op kykNET (DSTV kanaal 144) uitgesaai word.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.