kategorieë: Ons menseBekendes

Andriëtte: weer gefokus

Andriëtte het 26 jaar gelede deel geword van ’n huis waarin daar oorvloedige liefde van haar ouers en grootouers was. Mense wat altyd aan haar kant was en steeds is.  “Alles wat ek bereik, is aan my ouers te danke. Ek het van kleins af hul onvoorwaardelike ondersteuning gehad in wat ek ook al aangepak het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Al was ek in die C-netbalspan, het hulle met elke wedstryd langs die baan gestaan en gemaak asof ek ’n Springbok is. Hulle was by élke sang-kompetisie en het gesorg dat ek mooi lyk, al was geld nie altyd volop nie. My pa het elke keer saamgery wanneer ek opgetree het en my klankstelsel vir my help opstel en gewag tot ek klaar was.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“My ma is my grootste mentor. Sy is ongelooflik musikaal en help deurgaans met liedjiekeuses. Sy hou ook ’n ogie oor my vertolking. Sy is my muse.”

Sy onthou ’n pa wat hard gewerk het sodat haar ma by haar en haar geliefde boeta, Harold, kon bly. “Ons koekieblikke was altyd vol en glasies lou melk is saans vir ons in die bed aangedra. My ma het elke aand vir ’n paar minute by ons kom lepellê totdat ons veilig in droomland was. Soggens is die ritueel herhaal. Al was ons beursies dun, was ons hulle kosbaarste skatte.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Ek weet dit is geyk, maar my ma is werklik my beste vriendin. Maar moenie dink sy is ’n pushover nie! Sy kan haar man staan en bitter streng wees. Aan die ander kant van die munt is haar ongegrendelde deernis en onvoorwaardelike liefde.

“My ma weet alles van my af. Ek waardeer haar raad omdat sy my en my onsekerhede op die punte van haar vingers ken. My nerfie is maar dun en  sy moet gereeld sielsalfies smeer en pleisters plak, want die vermaaklikheidsbedryf laat jou dikwels nerfaf.

“Ek en my pa het ’n gesonde verhouding en baie respek vir mekaar. Ons het ’n dieper en ernstiger verhouding as ek en my ma. Hy is ook my raadgewer as dit by my loopbaan kom. Ons het dikwels diep gesprekke oor die ernstiger dinge en hy gee altyd vir my sinvolle raad. Hy is ’n intelligente man en ’n denker wat met sy kop en sy hart kan dink.

“Tog sou dit vir my vreemd wees om my hartsake met hom te bespreek! Hy voel ook dadelik aan wanneer ek ongelukkig is. Wanneer ek die dag voel of ek onder die komberse wil wegkruip, sal ek onverwags ’n oproep van hom kry om te hoor of alles reg is. Ek is so lief vir hom. Hy was nog altyd daar vir ons.

“’n Wyse man het eenkeer gesê die beste geskenk wat ’n pa vir sy kinders kan gee, is om ’n goeie man vir hul ma te wees, en dit is hy beslis. My ouers is soos Red Bull vir my siel. Ons is mense mense. Familie is alles. My ouma het ook ’n groot rol in ons lewe gespeel. Ek onthou hoe sy by die see geduldig saam met ons klipvissies gaan vang het en nooit gekla het oor ons sandvoete in haar huis nie.

“In ons familie is daar baie rituele, soos die jaarlikse Kerskonsert. Ek en my broer was ernstig oor dié konsert. Min het ek toe geweet dat ek eendag die vermaaklikheidspad sou stap.”

Andriëtte het van kleins af in kore gesing en dikwels as voorsanger opgetree. Haar onderwyseres het gou haar potensiaal gesien en haar ouers oorreed om haar sanglesse te laat neem. Hier het sy die eerste keer met die mededingende kant van sang te doen gekry, want hulle het gereeld aan klein sangkompetisies deelgeneem.

In graad elf kon sy uiteindelik haar eie klanktoerusting koop en alleen by troues en klein gesellighede optree. Hoewel sy haar ná skool as ’n skoonheidsterapeut bekwaam het, was haar hart altyd maar by sing. Die Idols-kompetisie het haar lewe omgekeer.

Die neskuikentjie moes vir die eerste keer haar vlerke sonder Ma en Pa sprei. “Ek het aan die begin vreeslik gehuil en wou net huis toe en onder my ma se vlerk gaan inkruip. Ek was ’n brose kind van Brackenfell en het my skielik in ’n hotelkamer in die Goudstad.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.