Ansu Visser se blog: hoe werk wintermodes in New York?

Deur Ansu Visser en Mila Guy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

My beste vriendin en gunsteling-mens par excellence, Mila Guy, was Februarie in New York. Wanneer ’n reisagentskap ’n special vir retoerkaartjies het – wat vir net R6 000 ook drie dae se verblyf in New York insluit – het jy geen ander keuse as om die sprong te waag en al jou spaargeld te bestee nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Aangesien Februarie nog ’n wintermaand in New York is, was dit noodsaaklik dat Mila nie net lekkernye huis toe bring nie, maar ook ’n oorsig van al die trends wat op ons wag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Mila het woord gehou en hier is jou winterhandleiding. Deur Mila Guy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“New York is bekend vir sy all black style, want almal dra swart. Jy kan dalk dink dat dit vervelig sou raak, maar danksy juwele, handsakke, allerhande ander bykomstighede en die feit dat amper alles by swart pas, is daar geen skaamte oor die eenselwigheid van die voorkoms en boonop niks verveligs aan ’n all black outfit nie.

Nog iets wat ek besef het, is dat New York ’n vuil stad is. Dit het ’n vinnige tempo en die normale aktiwiteit van klere was, word as ’n mors van tyd beskou (daar is nie rêrig wasmasjiene in New Yorkers se huise nie). Die stad beweeg so vinnig dat wanneer jou klere droog is, dit net mooi gereed vir die oudedoos is.

Hier is ’n aanhaling wat na my mening die vertrekpunt van die New York-styl goed vasvang:

We wear black because we are not tourists here to see a show; because we are in a sense with the band. The band is New York and the colour is black”- The Cut, New York Times Magazine.

Swart is sexy en eenvoudig.

Daar is wel niks verkeerd met ’n bietjie kleur om jou swart nommertjie ’n bietjie oemf te gee nie. Maak dit saak dat jy soos ’n toeris lyk wanneer jy die swart voorkoms opgehelder het? Jy ís immers ’n toeris in New York!

Wanneer ek pak, is dit gewoonlik ’n proses van mix en match totdat ek die perfekte outfit gekry het. Die proses begin dan van vooraf totdat ek genoeg uitrustings het vir die aantal dae wat ek weggaan. Met ’n limiet van slegs 23 kg vir my sak, asook my winterjasse en -skoene (wat meer weeg as wat ’n mens dink) moes ek ’n nuwe pakproses begin.

Ek het met die basiese items begin: 3 kleurryke rokkies, 2 high waisted jeans en warm sykouse. My twee winterjasse: vlootblou en swart. My twee serpe: een ’n mengsel van bruin en swart en die ander ’n mengsel van vlootblou en bruin. Dis hoe ek beplan het om oemf in my basiese klerekas te sit.

Ons is geneig om in ’n Suid-Afrikaanse winter by blou te bly (enige skakering daarvan), of die getroue ou kakiebaadjie in te span. Hierdie winter gaan ek probeer om die voorkoms met swart bykomstighede klassiek te probeer hou, maar darem so ’n klein kleurpartytjie in die vorm van bykomstighede, of ’n paar brawe keuses, soos ’n shocking pink jas, in te smokkel. Net om dit gesofistikeerd te hou maar darem so ’n bietjie ruimte vir flirt ook in te werk.”

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

17 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

20 hours Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

21 hours Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

21 hours Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

23 hours Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

24 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.