kategorieë: LeesOntspanning

Die Profeet, Hoofstuk 5

Deur Martie Swanepoel. Foto: pexels.com

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die emosionele houvas wat Christiaan op die inwoners van die plaas gehad het is verstewig toe dit duidelik word dat Oom Thomas se siekte die terminale fase ingaan. Hoe sieker hy geword het, hoe hegter het sy band met sy nuwe “heiland” geword. Chrissie was bekommerd oor die oom se geestestoestand, maar Tant Esther het geglo dit kan nie sonde wees as Oom Thomas aan die verkeerde “heiland” vasklou nie, want sy geloof was opreg ondanks die newels van die verkalking van sy brein. Hy het vas geglo hierdie man is Jesus en die tante het geglo God sal ’n siek ou man dié misverstand vergewe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Mariaantjie het in die tuin geboer want sy kon Christiaan op die stoep by Oom Thomas se voete dophou. Sy was soos ’n verliefde tiener en het gebloos elke keer as hy in ons rigting kyk. Ek het geweet dit gaan haar hart breek as ons Christiaan wegjaag en in my diepstes het ek geweet dat Mariaantjie nooit oor die teleurstelling sal kom as ons haar groot droom van haar af wegneem nie. Ek weet die hele ding klink nou belaglik en ongelooflik, maar as jy nie in daardie tyd hier op die plaas was nie, sal jy dit moeilik verstaan. Ek en Tant Esther was lief vir Oom Thomas en Mariaantjie. Tant Esther en Oom Thomas was die enigste ouers wat ek geken het want hulle het my ingeneem na my opleiding as verpleegster. Ek het in ’n gebroke huis grootgeword en het nie ’n hegte gesinsverband geken nie. Oom Thomas was vir my soos ’n pa en sy kwynende gesondheid het my hart gebreek. Mariaantjie was vir my soos ’n kind, al het ons in ouderdom nie veel verskil nie. Oom Thomas en Mariaantjie se welstand was vir my en Tant Esther prioriteit en as ons dit opgeweeg het teen ons woede teenoor Christiaan, het dit ons oortuig om hom nog ’n rukkie te verdra. Dis asof ons gewag het dat iets of iemand anders die besluit namens ons neem. Hoe neem jy ’n sterwende man se hoop weg? Hoe neem jy die een droom weg wat ’n verstandelik gestremde vrou het?”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Chrissie het Mariaantjie een dag in die tuin gekry. Sy het weer haar wit nagrok aangehad.

“Ek dink ek gaan van hierdie geel rose pluk vir my bruidsruiker. Wat dink jy, Chrissie? Sal ek van die wittes ook pluk? Sal jy my hare so ’n hoë bolla maak soos jy altyd gemaak het toe ons nog kerk toe gegaan het? Sal jy, Chrissie?”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Chrissie het weer probeer om aan Mariaantjie te verduidelik dat die troue net ’n droom is en ’n droom gaan bly.

“Onthou jy ons het al oor dinge gepraat wat regtig egtig is en dinge wat sommer net  ’n storie is, soos feëverhale? Jy weet mos feëverhale is sommer net stories?”

Mariaantjie het dadelik oor haar gunsteling sprokie begin praat.

“Aspoestertjie het met die prins getrou en toe word sy ’n prinses! As ek met Christiaan trou, gaan ek ook ’n prinses word.”

Chrissie het geweet sy moet lig loop om Mariaantjie nie te onstel nie.

“Mariaantjie, Christiaan is nie ’n prins nie. En jy is ons Mariaantjie, jy gaan vir altyd by my en jou mamma bly.”

Mariaantjie het dadelik hartverskeurend begin huil.

“Issie! God het Christiaan self vir my gestuur. Christiaan sê as ek met hom trou, gaan Pappa gesond word! Ek wil nie meer by jou en Mamma bly nie. Christiaan sê julle is ongelowiges en dit sal julle skuld wees as Pappa nie gesond word nie.”

Chrissie het getroos en mooi geel rose in Mariaantjie se hare gesteek.

“Ek dink nie God het regtig vir Christiaan gestuur nie. En jy weet mos ek het al vir jou verduidelik hoe werk Pappa se kanker? Jy weet dit maak hom baie baie siek?”

Maar dit het Mariaantjie kwaad gemaak. Sy het histeries begin skree.

“Issie issie issie! Jy is ’n ongelowige Chrissie en ek haat jou! God gaan jou straf! En as Pappa doodgaan, sal dit jou en Mamma se skuld wees! Ek en Christiaan sal vir julle bid. Elke dag!”

Die situasie het Chrissie bang en magteloos laat voel.

“Ek het geweet dat die liefde wat ons as gesin gehad het, nooit weer dieselfde sou wees nie. Ons liewe Mariaantjie sou nooit weer dieselfde wees nie. Die verpestelike Christiaan het haar onskuld en kinderlikheid vir altyd weggeneem. Hy het haar mooi geaardheid met gif gevul. Ek het hom begin haat soos ek nog nooit iemand gehaat het nie. Elke keer as ek die hoop in Oom Thomas se glasige oë gesien het … elke keer as Mariaantjie soos ’n verliefde skoolmeisie gebloos het … Ek het hom gehaat. Ek het gewens ek kon hom met die .22 van die plaas af skiet.”

Chrissie moes hulp kry. Sy kon Mariaantjie nie meer beheer nie en het Tant Esther gevra om die huisdokter, Dr Bruwer, te bel en te vra vir sterker kalmeerpille vir Mariaantjie.

“Sy het aan hom verduidelik dat Mariaantjie ontembaar is weens haar pa se siekte. Dis asof sy te trots was om hom te vertel van die indringer op die plaas wat ons emosioneel gevange hou.”

Dr Bruwer het Chrissie en Tant Esther uitgeboul toe hy daarop aandring om Mariaantjie eers self te ondersoek voor hy die nuwe medikasie voorskryf.

’n Vreesbevange spanning het Chrisssie en Tant Esther oorval. Hulle was bang Mariaantjie vertel die dokter van Christiaan. Hoe belaglik dit ook al klink, was hulle nog nie gereed om aan die samelewing buite die plaas se grense te beken daar is ’n vreemdeling met ’n bose plan in hulle midde nie.

Chrissie het my vertel van die daaglikse sielkundige afpersing wat Christiaan op haar en Tant Esther toegepas het. Hy het geweet hulle wil van hom ontslae raak en hy het geweet hy het die oorhand.

“Ek het geweet dat Oom Thomas medies gesproke agteruitgaan en dat die einde elke dag nader kruip. Dis vreeslik om dit te sê, maar ek het aan die een kant gehoop die einde kom gou want dit sou Christiaan se houvas op Oom Thomas darem breek. Maar met Mariaantjie het Christiaan geweet hy het die oorhand. Ek en Tannie Esther het geweet dat ons Mariaantjie vir altyd gaan verloor as ons Christiaan van haar wegvat.”

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.