Die bekende en bekroonde Anthonij Rupert Wyne in die Franschhoek-vallei is weer besig om homself reg te ruk vir die jaarlikse wynviering wat as die Protea-partytjie bekend staan. Dit word vanjaar op Saterdag, 29 Oktober, aangebied.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die Protea-partytjie, nou in sy derde jaar, is geskep om die landgoed se gewilde Protea-wynreeks te vier en het sommer gou ’n baie gewilde feestelikheid geword. Die geleentheid bied besoekers die kans om ’n aand van puik wyn, uitstekende kos en ongeëwenaarde gasvryheid te geniet terwyl hulle die asemrowende natuurskoon van die landgoed en sy omliggende omgewing vanaf die Anthonij Rupert-proelokaal gade slaan.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Terwyl die son sak en die begin van die verrigtinge aandui, sal gaste verwelkom word met skemerkelkies wat bestaan uit die Protea Pinot Grigio en grenadella. Die spyskaart bestaan uit disse wat gedeel moet word, nes die wyne uit die Protea-reeks. Borde met oondgeskroeide aspersies en ansjovis-salsa, ciabatta in houtvuuroonde gemaak met forelpatee en ’n tataki van Angus-beesvleis met radys en waterkers skop die ete af. Stadig gekookte, sappige lamsvleis uit die Karoo, gegeur met suurlemoen en origanum, vergesel van seisoenale groente en slaai, is die lipleklekker hoofgereg. Die nagereg kry sy inspirasie vanaf die sagte pienk kleur van die Protea Rosé en bestaan uit geposjeerde tert van koejawel en frangipani met vlierblomstroop en Italiaanse meringue.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Wyne uit die Protea-reeks kan regdeur die aand geniet word, terwyl lewende musiek en ’n “uitlokkende” dansvloer die spreekwoordelike kersie op die koek sal wees.
Kaartjies kos R495 per persoon, wat die driegang-aandete, wyne en lewende vermaak insluit. Voorafbespreking is noodsaaklik aangesien sitplek beperk is. Besprekings kan by www.webtickets.co.za gedoen word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Vir enige navrae, kontak Anthonij Rupert Wyne by 021 874 9041 of tasting@rupertwines.com.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.