kategorieë: Kalender

FASt FORWARD liefdadigheids fondsinsameling geleentheid

In die gees van vernuwing en verfrissing wat die opkomende lente seisoen bring, hou die modekleinhandelaar Jade & Velvet hul “MAKE THE DIFFERENCE” fondsinsameling ontbyt geleentheid ten bate van die FASt Forward Fonds – ’n liefdadigheidsprojek wat ondersteuning bied aan kinders wat ly aan Fetale Alkohol Sindroom (FAS). ’n Heerlike ontbyt buffet sal bedien word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Helene Truter (Tannie Poppie from Vetkoekpaleis) is die MC van die geleentheid en gasspreker Margaret Steyn (Kliniese Sielkundige) roer ’n onderwerp aan wat inpas by die gees van die oggend. Gaste kan ook uitsien na die fantastiese musiek van Rocking Horse wat hierdie jaar die verhoog betree asook Jade & Velvet se modeparade wat spog met hul nuutste uitrustings. ’n Oggend van vermaak en inspirasie lê voor!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die FASt Forward Fonds verskil heelwat van ander inisiatiewe soos FAITH Fund wat alleenlik fokus om verwagtende moeders in te lig oor die gevaar van alkoholverbruik tydens swangerskap. Die FASt-Forward fonds bied FAS-jeugdiges bystand met behulp van transformerende perde-terapie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Perdry is wetenskaplik bewys as ’n uitstekende vorm van terapie vir kinders met spesiale behoeftes. Dit verbeter nie slegs net balans, postuur, spierversterking en buigsaamheid nie, maar help ook met kognitiewe funksies soos die ontwikkeling van konsentrasie, redenering en geheue. Deur saam met programme soos Equitots te werk, bied die FASt Forward Fonds individuele wat aan FAS ly toegang tot hierdie revolusionêre terapie.

KAARTJIES EN BESPREKINGS:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kaartjies beloop teen R300 elk. (Ontbyt Buffet en aktiwiteite ingesluit)

Wanneer: 3 September

Tyd: 09:30 vir 10:00

Vir besprekings, skakel 021-9810195 (0711920840) of stuur ’n epos na info@choclatelace.co.za

Vir meer inligting besoek die Jade&Velvet Facebook-blad en –webtuiste.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Nuutste beperkte hoeveelheid wyn-etiket van KWV se The Mentors

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf. The Mentors Limited Edition Tempranillo 2021 is…

11 mins Gelede

Ivan en Donnalee stel nuwe kykNET-reeks bekend

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

22 hours Gelede

Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet

Deur Christa Swanepoel Oogsorg begin reeds van geboorte af. Pas ná geboorte moet ’n pediater…

1 day Gelede

Die beste eierbroodjie

Die beste eierbroodjie Lees ook: Spek-en-eier-pasta

1 day Gelede

Is jy ’n perfeksionis? Hoe vind jy balans?

Deur Maretha Botes Perfeksionisme is ’n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou…

2 days Gelede

Besoek Stellenzicht se unieke ekowyn-pod vir ’n uitsonderlike wynproe-ervaring

Soos jy aankom, word jy deur welige wingerde en groen heuwels begroet. Die wyn-“pod” self…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.