kategorieë: Kalender

Anthonij Rupert Wyne: Protea-partytjie

Die bekende en bekroonde Anthonij Rupert Wyne in die Franschhoek-vallei is weer besig om homself reg te ruk vir die jaarlikse wynviering wat as die Protea-partytjie bekend staan. Dit word vanjaar op Saterdag, 29 Oktober, aangebied.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die Protea-partytjie, nou in sy derde jaar, is geskep om die landgoed se gewilde Protea-wynreeks te vier en het sommer gou ’n baie gewilde feestelikheid geword. Die geleentheid bied besoekers die kans om ’n aand van puik wyn, uitstekende kos en ongeëwenaarde gasvryheid te geniet terwyl hulle die asemrowende natuurskoon van die landgoed en sy omliggende omgewing vanaf die Anthonij Rupert-proelokaal gade slaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Terwyl die son sak en die begin van die verrigtinge aandui, sal gaste verwelkom word met skemerkelkies wat bestaan uit die Protea Pinot Grigio en grenadella. Die spyskaart bestaan uit disse wat gedeel moet word, nes die wyne uit die Protea-reeks. Borde met oondgeskroeide aspersies en ansjovis-salsa, ciabatta in houtvuuroonde gemaak met forelpatee en ’n tataki van Angus-beesvleis met radys en waterkers skop die ete af. Stadig gekookte, sappige lamsvleis uit die Karoo, gegeur met suurlemoen en origanum, vergesel van seisoenale groente en slaai, is die lipleklekker hoofgereg. Die nagereg kry sy inspirasie vanaf die sagte pienk kleur van die Protea Rosé en bestaan uit geposjeerde tert van koejawel en frangipani met vlierblomstroop en Italiaanse meringue.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wyne uit die Protea-reeks kan regdeur die aand geniet word, terwyl lewende musiek en ’n “uitlokkende” dansvloer die spreekwoordelike kersie op die koek sal wees.

Kaartjies kos R495 per persoon, wat die driegang-aandete, wyne en lewende vermaak insluit. Voorafbespreking is noodsaaklik aangesien sitplek beperk is. Besprekings kan by www.webtickets.co.za gedoen word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vir enige navrae, kontak Anthonij Rupert Wyne by 021 874 9041 of tasting@rupertwines.com.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.