kategorieë: OuerskapJou lewe

Arbeidsterapie en Downsindroom

In Suid-Afrika kom Downsindroom in sowat een uit 770 geboortes voor, of een tot drie keer in elke 1 000 geboortes. Dit het dieselfde voorkoms onder alle rasse en ekonomiese groepe. Hierdie multistelsel chromosoomafwyking word as die grootste genetiese oorsaak van intellektuele gestremheid beskou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Downsindroom is nie ’n siekte of ’n mediese kondisie nie. Dis onvanpas om te sê iemand is ’n Downsindroomlyer of “ly aan” Downsindroom. Praat eerder van iemand mét Downsindroom, want Downsindroom verg nie behandeling nie en kan ook nie voorkom word soos sommige siektes nie. Dit kan op die oomblik nie genees word nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dit help as …

Daar kan wel baie gedoen word om ’n baba met Downsindroom te ondersteun en met die talle uitdagings te help:

  • Vroeë verwysing na mediese kenners word aangemoedig sodat komplikasies (hart-, gehoor- en sigafwykings) geïdentifiseer kan word.
  • Doeltreffende vroeë intervensie bestaan daaruit om “net die regte” uitdaging aan ’n kind met Downsindroom te stel om die nodige ontwikkelingsvaardighede te bevorder en te verbeter.
  • Wat vroeë intervensie betref, is die sleutel tot sukses goeie samewerking tussen die arbeidsterapeut, ouers en versorgers tuis of waar daar ookal na die kind omgesien word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

’n Sinvolle stimulasieprogram

Die gebruik van stimulasieprogramme soos die Developmental Resource Stimulation Programme (DRSP) vir kinders met Downsindroom jonger as 42 maande dra daartoe by dat hulle hul volle potensiaal bereik.

Die Developmental Resource Stimulation Programme is ’n vroeë intervensie-arbeidsterapieprogram wat spesiaal vir kinders met Downsindroom ontwerp is. Dis ’n unieke, ouer-kindspesifieke, een tot een, geïntegreerde program.

Hierdie program is ontwerp om die kind se ontwikkeling te stimuleer en verg die aktiewe deelname van die ouer wat by die huis relevante DRSP-aktiwiteite met hul kind uitvoer. Dit sluit ’n aktiwiteitshandboek in sowel as ’n aktiwiteits-kit bestaande uit drie drinkbekers, vier teelepels en ’n waslap.

Vir die kind om hierdie vaardighede te bemeester, moet die arbeidsterapeut betrokke wees by die intervensieproses en alle betrokkenes moet op die proses inkoop en saamwerk. Die noue samewerking en betrokkenheid van die arbeidsterapeut bemagtig die ouers van kinders met Downsindroom. Aktiewe deelname aan die DRSP-program deur die baba met Downsindroom en sy of haar ouers het ’n positiewe uitwerking op die kind se algehele ontwikkeling.

Bron: OTASA (Occupational Therapy Therapy Association of South Africa). Meer inligting by www.otasa.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

8 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.