kategorieë: TuinmaakLeefstyl

Tuinmaak vir klein spasies

’n Plek soos Stodels of Cape Garden Centre is twee goeie plekke om raad te vra oor jou tuin-ekspedisie. Neem ’n paar foto’s van jou spasie en gaan wys dit vir ’n kenner. Hulle sal dan kan raad gee oor watter tipe plante jy kan plant en waarin. Onthou ook: al is jou kruiebakkies in die huis – vra voordat jy verkeerd koop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Cape Planters maak ’n verskeidenheid van houtbokse wat ideaal is vir ’n stoep. Jy hoef nie bekommerd te wees oor grond wat heeltyd gaan mors nie en jy kan besluit op jou eie ontwerp, hoogte en grootte. Besoek die webblad vir meer inligting of bel 073 196 3891.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

’n Verskeidenheid planthouers ideaal vir jou stoep (Cape Planters)

’n Paar wenke wat jou sal help met die beplanning en installasie van jou tuintjie op jou stoep, balkon of klein spasie

  • Wys foto’s vir ’n kenner van waar jy jou plante wil plant.
  • Werk jou lysie en begroting uit.
  • Besluit of jy plantjies wil hê wat regdeur die jaar groei en of dit net seisoenaal moet wees.
  • Is jou spasie bestand teen wind en weer?
  • Terracotta verskaf genoegsame dreinering en is ’n goeie keuse indien jou plante dalk te veel water in die reënseisoen mag kry.
  • Indien jy potjies gebruik, maak seker die deksels onder die potjies is groot genoeg vir die water wat dreineer – veral wanneer die potjie op ’n plek staan waar dit dalk jou vloer mag beskadig en vuil maak.
  • Gebruik ’n bietjie beenmeel in die gatjie waarin die plant geplant gaan word – dit maak dat die plant genoeg gevoed word in die begin.
  • Gebruik verskillende hoogtes vir potplantjies – hoe meer verskillende hoogtes, hoe meer potjies kan jy gebruik – teen die muur, op die vloer, op ’n rakkie, op ’n staander.
  • Indien jy geld wil spaar en nie potte, houers, rakkies of enige ekstra’s kan aankoop nie – kyk of jy nie ’n ou houtrakkie of iets by jou huis het om as potjie te gebruik nie. Maak dit dan sommer ’n ekstra projek.

Ons hou van hierdie Le Creuset-bakkies waarin jy kruie in jou kombuis kan plant

Le Creuset-potplanthouertjies (R450 elk)

Besluit wat jy wil plant. Mens kry deesdae baie oulike alternatiewe (en dit dien ook as geskenkies vir iemand wat hou van tuinmaak):

Grow-your-own-leaf-mix (vanaf R39,99) Woolworths

Grow-your-own-herb-mix (vanaf R39,99) Woolworths

R59,95 – R74,95 van Stodels

Grond spesiefiek vir potjies (R29,99) Woolworths

Iets ekstra …

Voëlhuisie (R369,99) Gardenglam.co.za

Keramiek-potplanthouer (R600) Sootkoekie

Deel
Gepubliseer deur
Greta Gericke
Tags: dekorblomme

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.