kategorieë: Leef gesondGesondheid

Arbeidsterapie en psigiatriese diagnoses

Elkeen van ons het, afhangend van die stadium van ons lewe, sekere rolle en take om te vervul. Hierdie take verwys na alledaagse aktiwiteite soos werk, slaap, verhoudings, vryetydsbesteding en persoonlike bestuur en verantwoordelikhede. Die doel van Arbeidsterapie is om ’n persoon te help om hierdie rolle en take so onafhanklik en effektief as moontlik te kan verrig, om met ander woorde met optimale lewenskwaliteit te leef.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Persone met stres of psigiatriese diagnoses soos gemoedsversteurings (onder meer depressie en bipolêre siekte), en angsversteurings, ondervind dikwels probleme met die hantering van hul emosies, denkpatrone, konsentrasie en motivering. Dit beïnvloed gebalanseerde en suksesvolle deelname aan alledaagse aktiwiteite negatief.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Behandelings-benadering

Ons psigososiale Arbeidsterapie-groepe word as deel van ’n groepsprogram in ’n psigiatriese kliniek aangebied. Binne die groep fokus ons op deelname aan ’n verskeidenheid aktiwiteite (onder andere kreatief en sosiaal), in ’n veilige en gestruktureerde omgewing. Tydens deelname beleef die kliënt sy eie potensiaal en raak hy/sy bewus van vaardighede en sterktes. Dit lei tot meer selfvertroue en verbeterde deelname aan alledaagse aktiwiteite wat hy voorheen as problematies ervaar het. In groepsterapie beleef die kliënt homself ook in interaksie met ander mense en raak dan bewus van foutiewe denkpatrone en kommunikasiestyle. Dit is vir ons belangrik om kliënte te help om op hul eie daaglikse funksionering te fokus, en dan met nuwe vaardighede toe te rus wat hul funksionering tuis positief sal beïnvloed.

Ons behandel volwassenes, bejaardes, tieners en kinders as deel van ’n multi-dissiplinêre span wat psigiaters, kliniese sielkundiges en ander terapeute insluit. Kliënte word ook, na aanleiding van die behoefte, as buitepasiënte en/of individueel gesien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Arbeidsterapie kan die volgende aan ’n bejaarde, volwasse of tiener-kliënt bied:

Lewensvaardighede

  • Streshantering
  • Gebalanseerde leefstyl
  • Dagbeplanning
  • Konstruktiewe benutting van vryetyd (insluitend kreatiewe aktiwiteite)
  • Selfhandhawende kommunikasie/grense
  • Slaaphigiëne
  • Hantering van angs
  • Selfbeeld
  • Waardeklarifikasie

Ontspanningsterapie

  • Asemhalingstegnieke
  • Ontspanningsterapie-tegnieke

Sensoriese profiele

  • Die invloed wat ’n persoon se unieke sensoriese belewenisse op sy interaksie met die omgewing en ander persone het

Bestuur van chroniese pyn

Kontak gerus www.otasa.co.za vir meer inligting.

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.