kategorieë: Blogs

As MA-WEES jou oor die afgrond dryf

Liewe Tania,

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ek slaap al twee nagte nie. In my kop draal jou storie – vir die wêreld is jy ’n Suid-Afrikaanse ma wat jou drie gestremde kinders vermoor het. Reeds geoordeel, skuldig bevind. Jy slaap (ás jy slaap) vannag weer iewers in ’n Britse polisiestasie. Honger? Nee. Koud? Waarskynlik. Bang? Ja. Gebroke? Sonder twyfel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek? Ek lees die storie weer, kyk in die nanag aanlyn na die koerantvoorblaaie en dink – jy is 42, net so oud soos ek. Wat regtig hierdie week in jou Britse huis gebeur het terwyl jou man en oudste in Suid-Afrika kuier weet ek, en ander, nie. Dít sal die wêreld weldrae leer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek? Ek kyk na ander ma’s in hul vroeë veertigs en dink aan die dinge wat ons lewe vul. Sommige klim die korporatiewe leer (en erken) dis stimulerende ontvlugting, ander maak tyd om te gaan oefen (om alles beter te kan hanteer, my kind) en ry smiddae op en af om aan kind en kraai se behoeftes te voldoen, ander (soos ek) balanseer die wêreld van entrepreneur-wees met die eise van huis en haard. Ons dink en praat en droom oor alles wat ons nog wil doen, plekke wat ons wil sien, dinge wat ons saam met ons mans, kinders, geliefdes, ouers, broers en susters wil ervaar. Solank ons en hulle nog hier is.

Ons probeer ons skuld so vinnig moontlik betaal, draai die sente om om seker te maak daar’s genoeg vir eendag se aftrede (wat skielik net twee dekades ver is), en probeer waar ons kan ander help om ’n beter lewe te leef.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Van ons is geseën met uitblinker-kinders op die skool- en sportveld, ander weet dat akademiese of sportprestasies nooit vir hul bloedjies beskore sal wees nie. Vir hulle is dit ’n stryd om oorlewing – hoe om hul plek te vind en kop te hou in hierdie genadelose wêreld. Hulle lê dapper wakker en wonder wie na hul kinders sal omsien as hulle die dag nie daar is nie.

Jy? Ek weet nie. Ek ken jou nie. Wens ek het. “Vir haar het alles net te veel geword,” sê my ma. Jou ma-wees het jou oor die afgrond gedryf. Liefde het sy tol geëis. Glo ek ook.

So wat wil ek eintlik vir jou sê? Dat daar ’n moeilike pad op jou wag? Jy weet dit. Dat jy jou man, kind en familie in die oë moet kyk? Jy stoei daarmee. Dat jy nie alleen is nie en dat daar so baie van ons is wat aan jou dink? Cliché dalk, maar glo dit. Jy moet.

Want ons verloor almal ons balans. Hierdie is vir niemand ’n maklike toertjie nie. Gesonde kinders, siek kinders, gestremde kinders – elkeen eis sy tol. Die balanseerbalk is party dae net gladder as ander. Die eerlike brawes sal dit erken.

Ons verstaan dalk nie, maar verstaan dalk beter as wat ons nou toegee.

Ek ken jou nie. Wens ek het.

Tot volgende week,

Marí
www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.