kategorieë: Leef gesondGesondheid

Aspirien: wondermiddels, mits …

Dr. Oz sê dat as hy net één soort pil vir almal bo 40 mag voorskryf, sal dit aspirien wees omdat dit ’n ontsaglike spektrum van toestande kan verlig, genees of voorkom. Van borskanker tot kolonkanker, artritis en migraine. Noem maar op. Daarby is dit spotgoedkoop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

En jy kan dit sommer maklik, sonder voorskrif of sê van jou dokter, by die supermark saam met jou brood en melk kry. En mense wêreldwyd doen dit, want mense koop 1 200 miljoen dollar se aspirien elke jaar, of minstens 12 000 000 000 pille. Daarom sluk baie van ons, veral wanneer ons ouers bloeddrukprobleme of hartkwale of artritis het, elke dag ’n halwe een as ons eie boereraat teen die skete wat dalk eendag kan uitslaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Tog knaag die kommer aan jou. Dit kan immers jou maagwand wegvreet; dit kan jou laat bloei; jy moet voor operasies niks met aspirien daarin drink nie; dis nie vir kinders nie … Hoe veilig is dit regtig? Farmakoloog Carine Marx, direkteur van Tygerberg-hospitaal se gifinligtingsentrum, het die feite verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Hoe om allergieë in die lente te behandel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1 Help aspirien regtig vir alles?

Ons weet aspirien verdun bloed en dit werk inflammasie teë. Dit help ook vir pyn en koors. Daarom werk dit vir talle toestande wat hiermee verband hou, onder meer talle hart- en bloedtoestande (soos angina, hartfibrillasie, hartvatsiektes, alle soorte beroertes, trombose, aarontsteking en meer); vele toestande wat met inflammasie verband hou, soos jig, artritis, gewrigsontsteking en pyn (soos vir griep, verkoue en selfs migraine).

Aspirien werk op ander onbekende maniere ook: ons verstaan nie hoekom nie, maar dit is waar dat vroue wat aspirien gebruik minder geneig tot borskanker is. Aspirien verminder ook jou kanse op kolon-, slukderm- en prostaatkanker. Dit lyk asof gebruikers minder geneig is tot demensie maar dit maak geen verskil aan Alzheimersiekte nie. Dit is dus waar: langtermyn-gebruik van aspirien kan vir baie mense help.

Maar – en dit is baie belangrik – ons beveel nie aspirien voor die voet aan nie. Dit kan nadelig óók wees.

Terloops: onthou dat aspirien onder ’n klomp name bemark word en in talle verkouemiddels ingesluit is. Jy ken dit dalk as Disprin, Dristan, Grandpa, Ecotrin, Tenston, Coryx, Doloxene, Med-Lemon of Robaxisal.

2 Kan ék elke dag aspirien gebruik?

• Dit hang van jou persoonlike gesondheidsprofiel af wat bepaal word deur die ander medisyne wat jy drink. Aspiriene kan op ander medikasie reageer, soos kortisoon, metotreksaat (Methotrexate) en bloedverdunners soos Warfarin en Clopidogrel, Seroquel en so aan. Wees veral versigtig wanneer jy medikasie vir diabetes of hartkwale drink. As jy dus daagliks aspirien wil gebruik terwyl jy ook enigiets anders – of dit nou voorskrif-, langtermyn-, of sommer net kruie- of verkoue-medisyne is wat jy oor die toonbank kan koop – moet jy ten minste by die apteker seker maak dat dit veilig is om die twee saam te drink.

Terloops: wanneer jy chronies aspirien gebruik, moet jy vooruit beplan wat jy vir pyn, koors, griep, verkoues en hoofpyn gaan gebruik, want die meeste hiervan is mengsels wat ook aspiriene bevat.

• Nog ’n aspek: is jou maagwand sterk genoeg? Wanneer jy dikwels sooibrand kry, of ’n maagseer het, moet jy eers met jou dokter gesels. Spesiale voorsorg, soos om “coated” aspirien te gebruik, kan dalk veilig genoeg wees vir jou.

• Is dit veilig in geval van ’n operasie? Sommige chirurge beveel aan dat jy aspirien 48 uur voor ’n operasie staak maar ons stel voor dat jy dit met die chirurg moet bespreek en nie ’n veralgemening maak nie. Jy moet ook in ag neem aan watter toestande jy ly – en selfs hoeveel alkohol jy drink.

Die regte dosis is nog ’n kwessie. Met te veel kan jy jouself vergiftig; met te min hou dit vir jou geen voordele in nie. Boonop reageer een uit elke drie mense nie op aspirien nie. As jy een van hulle is, gaan dit min help!

Kinders onder een jaar mag nie aspirien kry nie – nie eens baba-aspirien nie. Ons beveel dit nie meer aan vir kinders en tieners met verkoue, koors, hoofpyn, waterpokkies, griep of wanneer ’n virusinfeksie vermoed word nie. Jou dokter is die regte beginpunt. Laat sy jou evalueer en help om die soort en die hoeveelheid aspirien te kies wat vir jou die beste is. Maar indien jy jouself gaan help, neem ten minste kennis van die volgende:

In die reël is daar dié wat dit maar kan gebruik – en selfs moet gebruik. Dan is daar dié wat alles met aspirien heeltemal moet vermy en dié wat aspirien versigtig en net onder toesig kan gebruik.

Vermy aspirien
• wanneer jy hipersensitief, onsensitief of allergies is vir die NSAIDs, die groep middels met aspirien daarin
• onder kinders en tieners met virusinfeksies, griep, waterpokkies of verkoue
• wanneer jy ’n aktiewe maagseer het
• wanneer jy medikasie vir bloedverdunning gebruik
• jy ’n asmalyer is en jou neus dikwels loop.

Moenie sommer net aspirien gebruik indien jy
• gereeld meer as drie drankies per dag drink
• swanger is of borsvoed
• ’n bloedingsiekte het
• al vantevore ’n maagseer gehad het
• ulseratiewe kolitis het
• aan Crohn se siekte ly of
• nier- of lewerprobleme het nie. Maak eers by jou dokter seker of jy kan en wat jou maksimumdosis is.

3 Hoeveel pilletjies waarvoor?

Die aanbevole dosis vir die daaglikse gebruik van aspirien wissel baie en hang af van die siektetoestand wat behandel word. Jy moet dus mooi uitwerk hoeveel jy nodig het – nog ’n rede hoekom jy liewer alles eers met jou dokter moet bespreek.

In beginsel is daar drie sterktes: die ligte soorte (voorheen baba-aspirien genoem) met 80-100 g van die aktiewe bestanddeel; die volle sterkte of gewone soorte met sowat 300 g en die ekstrasterk soorte met 500 mg.

Vergelyk die pilsterktes so

1 gewone aspirien = 4 baba-aspiriene = 1/2 ekstrasterk aspirien.
Gebruik dit so – mits jou dokter instem:
Hoofpyn, koors 1-2 elke vier uur
Pynlike menstruasie 3 baba-aspiriene elke vier uur
Swaar menstruasie vermy aspiriene, wat dit sal vererger
Voorkom beroerte en/of hartaanval gewone aspirien
Kankervoorkoming daar is geen amptelike aanbevelings nie, maar 1/4 gewone asprien op die meeste
Op die Pil, HT of vir die menopouse 1/4 gewone asprien
Tuisnoodhulp met ’n hartaanval of beroerte 2-4 baba-aspiriene of 1/2-1 gewone aspirien of ’n 1/2 ekstrasterk aspirien

Lees ook: Wat almal moet weet oor sinusallergie en hoe om dit te bestuur

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.