Kinders wat verskil

Haar kinders verskil soos dag en nag, vertel ’n ma met ’n lang, diep sug. “‘Dag’ is nou derde jaar op universiteit en ‘Nag’ ploeter rond en sukkel om graad 11 deur te kom. En ons het hulle nie verskillend grootgemaak nie.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Maar, wonder ’n mens: Het dieselfde opvoeding en behandeling hulle werklik dieselfde geleenthede gegee? Verskillende kinders het verskillende brandstof nodig om te kan gedy. Nes jy nie ’n wingerdstok en ’n appelboom op dieselfde manier snoei nie, kan jy nie ’n uiters sensitiewe kind op dieselfde manier as ’n weerbarstige, eiewillige kind dissiplineer nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die lewe deel vir mense verskillende kaarte uit. En jy speel elke hand anders, al is daar universele beginsels van liefde, omgee en dissipline. Ouers én kinders verskil, want hul persoonlikhede, vaardighede, talente, voorkoms, geslag, ouderdom en posisie in die gesin verskil, en hulle is deur verskillende ervarings of omstandighede gevorm.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ouers besef dikwels al met kleuters dat die hantering en dissipline wat met een kind wondere verrig, glad nie met ’n volgende kind werk nie. Inteendeel, dit het dikwels presies die teenoorgestelde uitwerking. Ouers wil graag regverdig wees en hul kinders dieselfde behandel. En dan werk dit nie. Dit maak ouerskap dikwels baie moeilik, onseker en frustrerend.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ouers én kinders verskil, want hul persoonlikhede, vaardighede, talente, voorkoms, geslag, ouderdom en posisie in die gesin verskil, en hulle is deur verskillende ervarings of omstandighede gevorm

Onvoorwaardelike aanvaarding

Daar is dinge wat ’n mens met alle kinders dieselfde kan en móét doen: Alle kinders het behoefte aan tyd, aandag, liefde en onvoorwaardelike aanvaarding. Maar vir ’n sagte, sensitiewe en emosionele kind is dit meer as genoeg om jou afkeuring rustig en gematig te laat blyk. Sulke kinders voel gou sleg en sal dadelik aanpassings probeer maak. Op ’n ander kind het dieselfde optrede, of selfs ’n paar harde woorde en ’n raps op die boud, nie eens naastenby dieselfde gewenste uitwerking nie.

Ekstroverte kinders kry hul energie uit mense en dinge, hulle wil heeltyd iets doen, aan baie aktiwiteite deelneem, aan die gang wees, praat, redeneer en sosiaal verkeer. Hulle deel makliker hul emosies. Hulle word gou verveeld en wil dinge doen, want dit stimuleer hulle en laat hulle blom. Kry hulle nie die stimulasie nie, kan hulle hul energie in eiewilligheid in kanaliseer. Vir rustige, introverte ouers kan dit te veel wees, en hulle probeer hulle dikwels beperk en net rustig kry.

Introverte, rustige kinders ervaar te veel mense en aktiwiteite as dreinerend en oorweldigend. Hulle het behoefte aan meer alleentye, aan minder dinge, ’n rustiger tempo en hulle praat nie so maklik oor hul emosies nie. Ekstroverte ouers ervaar dikwels dat hulle dinge te stadig doen en nie wil praat of deel nie, en probeer dan om die kind met druk en dreigemente dinge te laat doen. Al die aktiwiteite, soos swemklasse, ballet, drama en ekstra wiskunde put die kinders uit en maak hulle moedeloos en lusteloos. So ’n kind voel dat sy nie goed genoeg is nie. Vir haar sou veel minder eintlik meer wees. Sy sou veel beter kon vaar as sy haar energie op minder dinge kon gebruik.

Party kinders hou van voorspelbaarheid en is georden, gestruktureerd, betyds en beplan hul dinge. Vir ander kinders verg dit ’n bewustelike en moeilik aangeleerde poging om betyds en georden te wees. As hulle hulself is, het hulle nie ’n benul van tyd nie, kom laat en stel take uit, maar hulle hou van opwinding, verandering, gemaklikheid en buigbaarheid. Hulle vergeet maklik en is geneig om op die laaste nippertjie dinge met ’n hoop energie te doen, wat dikwels daartoe lei dat hulle werk afgeskeep en nie deeglik en georden is nie. Hulle moet leer om aanpassings te maak, maar om van hulle te verwag wat geordende kinders kan doen en hulle presies dieselfde terugvoering en leiding te gee, is problematies. Dit kan hulle moedeloos en weerbarstig maak.

Kinders moet ook besef en geleer word dat verskillende mense in verskillende situasies verskillende optrede verg en verskillende dinge nodig het. Daarom kan boetie wat ’n landloper is nuwe hardloopskoene kry. Sy nie. En dis nie onregverdig nie. ’n Ander keer het sy iets nodig, en kry hy weer niks.

Die posisie in die gesin kan ook ’n groot rol speel. Ouers is dikwels geneig om meer te identifiseer met die kind wat dieselfde posisie in die gesin het as wat hy/sy het.

Die posisie in die gesin kan ook ’n groot rol speel. Ouers is dikwels geneig om meer te identifiseer met die kind wat dieselfde posisie in die gesin het as wat hy/sy het

Oudste kinders

• Is meestal gehoorsaam, verantwoordelik en hardwerkend; ambisieuse, suksesgedrewe presteerders; of hulle is op omgee, sorg en versorging van ander ingestel.
• Voel dikwels of ander net van hulle vra en vra en baie verantwoordelikheid en werk op hulle stort, en hulle voel stilweg wrokkig hieroor.
• Verwag respek van ander, maar kan soms selfsugtig en te doelgerig oorkom.
• Is dikwels perfeksionisties en georganiseerd.
• Gee om wat die mense dink; terugvoer van ander is belangrik.
• Stres maklik en sit baie druk op hulself en ander.
• Bly gewoonlik naby die ouerhuis.

Die middelkind of tweede kind

• Gaan dikwels in presies die teenoorgestelde rigting as die oudste kind.
• Is gemakliker om en tussen mense; ’n natuurlike onderhandelaar en vredemaker; realisties en nie bederf nie; sal kompromieë aangaan.
• Hou nie van konfrontasie en konflik nie; gee nie sommer hul werklike mening nie; wys minder gevoelens en vra nie sommer hulp nie.
• Vriendskappe is vir hulle belangrik, hulle maak maklik vriende en hou hulle.
• Gee minder om wat mense dink.
• Is onafhanklik, wil dinge anders en op hul manier doen.
• Verlaat dikwels die huis voor die oudste kind, en sal makliker verder van die ouers af woon.
• Sal makliker ’n rebel word en kanse waag.

Die jongste kind

• Hulle het gewoonlik goeie mensvaardighede, is liefdevol, gaaf en oulik – waarmee hulle jou kan manipuleer as jy nie ligloop nie.
• Hulle is dikwels redelik ongekompliseerd, maar soms ’n bietjie selfgesentreerd.
• Hul behoefte aan aandag laat hulle dikwels dinge doen wat ander laat terugdeins. Hulle dóén dit net.
• Hulle het uithouvermoë, maar kan ongeduldig en bederf wees en sukkel om “nee” te aanvaar.
• Hulle is dikwels vermaaklik, vol humor en weet hoe om die aandag te kry.

Marike sê haar twee seuns verskil hééltemal. “Dis so moeilik. Janco is ’n bietjie meer as twee jaar ouer as Pieter. Pieter verstaan nie dat Janco ouer is en dinge daarom beter as hy kan doen nie. As Janco ’n fiets kry, wil Pieter ook een hê, anders is daar oorlog in die huis en is ons onregverdig. Ons probeer so hard om regverdig te wees, maar Pieter bly net in Janco se skaduwee.

“Alles kom so maklik vir Janco. Van kleins af is almal mal oor hom, hy het selfvertroue en praat met almal. Waaraan hy ook al raak, verander vir hom in goud. Hy is slim en presteer akademies, en word dikwels as leier of kaptein gekies. Hy tree met gemak voor mense op en is boonop goed in sport.

“Vir Pieter is dit glad nie so nie. Hy is skugter en stil, het reeds in graad R ’n bril gekry en moes arbeidsterapie kry. Hy sukkel. Sukkel met maats, met leer, met sport en veral met sy boetie en homself. Dit breek ’n ma se hart. Ek vra ook hoekom? Vir my voel dit ook onregverdig. Weet jy hoe verskriklik is dit as die kinders rapporte kry? Janco mag nie syne oopmaak as Pieter by is nie. Ek kan nie onbevange saam met my oudste kind opgewonde wees oor sy prestasies nie. Ek sien nie kans om dit aan Pieter te doen nie. Ek weet ons doen eintlik ’n onreg aan Janco ook, maar die Vader weet, ons weet nie hoe anders nie.”

Nadi* vertel: “Ons het ons kinders geleer hulle hou ’n kristalballetjie vertroue in hul hande vas. En as hy val, is hy stukkend. Ons pligsgetroue presteerder het hom gemaklik en veilig vasgehou. Maar ons moes leer dat die ander een ’n ander, meer kreatiewe maar riskante pad loop. By haar moes ons dikwels die balletjie vat, keer dat hy nie val nie en in haar hande terugsit. En in aanvaarding selfs ’n nuwe balletjie gee; aanhou wys dat ons in haar glo, dat sy in haarself kon glo. Ons kind glo en vertrou, want mense tree meestal op in ooreenstemming met die vertroue wat hulle beleef.”

As ouers kinders nie werklik ken, aanvaar en verstaan nie, stel hulle maklik eise waaraan ’n kind nie kan voldoen nie. En dan kry die kind nie wat sy nodig het om intellektueel, emosioneel, spiri- tueel en selfs fisiek en sosiaal toereikend te ontwikkel nie. Dan kan ouers se goed bedoelde pogings om die kind te skaaf en in die regte rigting te buig, die kind skaad en selfs knak. En dit maak ’n goeie, oop verhouding met ’n kind gewoonlik baie moeilik.

Kinders moet ook leer dat verskillende optrede teenoor verskillende kinders nie onregverdigheid is nie, maar die antwoord is op verskillende behoeftes. As daar in die gesin oop kommunikasie hieroor is en elkeen tog sy plekkie in die son het en kry wat hy fisiek en emosioneel nodig het, vertrou kinders hul ouers se ouerskap en besluite.

Lees ook: Boekuittreksel: Vyf ankers wat jou kind veilig laat voel

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.