kategorieë: Leef gesondGesondheid

Babaplanne? Dis wat jy nou moet weet

Babaplanne? Dis wat jy nou moet weet deur Salomé Delport.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Begin by die begin

Moenie soveel op swangerskap fokus dat jy angstig word nie. Vir vier uit elke vyf paartjies gebeur swangerskap binne ’n jaar natuurlik wanneer hulle elke tweede dag en veral rondom ovulasie seks het, sê dr. Wynand Truter.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Probeer is gelukkig baie lekker, maar ons wou weet wat dit is wat al die lekker suksesvol maak?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Swangerskap, stres en jou werk

Kan jy te veel kere probeer? “Ja, julle kan. Dit neem ’n man sowat 36 uur om nuwe, volwasse sperme te produseer. Daaglikse seks kan minder beskikbare sperme beteken. Julle hoef nie elke dag seks te hê nie, want onthou sperme oorleef net sowat 48 uur. Seks elke tweede dag en veral rondom ovulasie, beteken in elk geval daar is altyd sperme teenwoordig sodra ’n eiertjie beskikbaar is.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maak die seksposisie saak? “Nie regtig nie.”

Help ’n orgasme? “Blykbaar help dit die sperme beweeg maar daarsonder sal sperme die serviks en baarmoeder óók binne sekondes bereik.” (Maar dit bly ’n bonus … )

Wanneer moet ’n mens probeer? “Jy is vyf dae van jou hele siklus vrugbaar: van twee dae vóór ovulasie tot twee dae daarna. Die kuns is om te weet presies wanneer jy ovuleer.”

Twee gewilde gidse is:

  • Jou liggaamstemperatuur
    Ovulasie word deur jou hormone beheer. Sodra dit verander, styg jou temperatuur met 0,25 – 0,5 °C. Jy kan dus vasstel wanneer jul kanse goed lyk deur soggens met opstaantyd heel eerste die koorspen nader te trek. Maar, sê Wynand, dit is ’n swak tegniek omdat jy dié piepklein styging maklik miskyk, veral op outydse kwiktermometers. ’n Digitale termometer werk effens beter.
  • Mukus
    Temperatuur het nog ’n nadeel: jy verloor die kosbare twee dae vóór ovulasie. Voor termometers en die laboratoriumtoetse het vroue oor die eeue heen vaginale slymafskeiding as leidraad vir ovulasie gebruik. Vir ons grillerige lyfvreemdes van vandag is dit ’n verlore kunsie. Maar dit is eintlik doodmaklik om te interpreteer, sê Wynand. “Jy is op jou vrugbaarste as dit helder en deursigtig is, amper soos die wit van ’n rou eier.

Koop ’n toetsstel

Dis-Chem en Clicks verkoop ’n toetsstel wat die hormoonvlakke in jou urine meet sodat jy weet wanneer jy vrugbaar is.

Twee dinge om te onthou:

Dit is nie ’n swangerskaptoets wat bevestig dat jy swanger is nie, maar ’n vrugbaarheidstoets wat aandui of jy geovuleer het en dus swanger kan raak. En dit is ook nie volkome betroubaar nie.

Lees ook: 6 tekens wat jou swangerskap kan laat vermoed

Antidepressante

Drie stukke navorsing het vroue onlangs behoorlik bang gepraat: Johns Hopkins het bevind drie keer meer outistiese seuns se ma’s was gedurende swangerskap op SSRI-antidepressante. Asof dit nie genoeg is nie, kom Harvard-navorsing toe uit wat aandui die kans op ’n AAHS-kind is twee keer groter as jy op ’n SSRI is. En ’n Noorse ondersoek met 51 000 babas wys babas van ma’s op SSRI’s is teen drie jaar oud minder taalvaardig as ander babas.

Lees ook: Hoe depressie jou sekslewe beïnvloed en wat jy daaroor kan doen

Durf jy op ’n antidepressant wees as jy swanger is? Of wil raak?

Dis ’n komplekse saak, sê dr. Rykie Liebenberg, Johannes-burgse psigiater. “Maar behou perspektief: al is hierdie risiko’s groter, is dit by die meeste vroue steeds bitter laag, en dit raak min vroue. Ander faktore tel ook – en selfs meer – soos gene, ouderdom van die ma, en so aan.

“En onthou dit het óók negatiewe en verreikende gevolge vir die kind as ’n ma gedurende haar swangerskap of ná die geboorte depressief of oorangstig is. Daar is baie studies wat daarop dui.

“Die eerste drie maande is die gevaarlikste tyd. So, ja, dan wil ’n mens so ver moontlik medikasie vermy, of medikasie met die minste risiko gebruik. Van die tweede trimester af is die risiko baie kleiner en dan kan die meeste vroue hul medikasie hervat.

Lees ook: 6 redes hoekom seks goed vir jou is

“Dus, in die algemeen sal ek nie medikasie met swangerskap staak nie omdat twee uit elke drie depressielyers (68%) wat staak, terugval. Besluit liewer saam met jou psigiater, ginekoloog, pediater én jou man wat die beste vir jou en jul baba is.”

List-ige kiem

Haal jy ook elke blokkie feta uit jou slaai omdat dit gevaarlik vir jou baba is? Altans, so sê dr. Google. Maar is dit meer histerie as feit?

Volgens die Amerikaanse Centers for Disease Control gaan dit alles oor Listeria, ’n organisme wat natuurlik in die grond voorkom en daarvandaan in ons kos beland.

Wat is die verbintenis met feta? Een van die moontlike bronne van Listeria is ongepasteuriseerde melk.

In party lande word sagte kase soos feta, brie, camembert en bloukase van ongepasteuriseerde melk gemaak.

In Suid-Afrika is dit onwettig om ongepasteuriseerde melk te gebruik, en al ons groot kaasvervaardigers het streng higiëne en toetsprosedures om Listeria te monitor. Dus: solank jy Suid-Afrikaans koop, is jy veilig.

(Ons wenk: hou by die groot melkmaatskappye pleks van die minder streng tuiskaasmakerye terwyl jy swanger is.)

Lees ook: Wat elke vrou bo 40 oor swangerskap moet weet

Dit sal in elk geval nie help om net die feta uit jou slaai te pik nie, want die aard van kieme is dat hulle soos klein naellopertjies gou-gou deur die hele slaai versprei.

Boonop is melk nie al potensiële bron nie. Potensiële bronne sluit in rouerige biefstuk, gerookte vis, soesji, deli-slaaie, halfgaar geregte wat jy verder tuis moet berei en koue kos en slaaie wat ’n rukkie gestaan het. Streng gesproke behoort jy die bogenoemde óók uit te sny.

“Listeria is geweldig skaars. Die kans om deur ’n motor omgery te word, is minstens dubbel so groot.”

Maar tog …

Wat doen dit aan jou? Die meeste mense ervaar kouekoors, hoofpyn, ’n deurmekaar maag en is naar. Vir swanger vroue is daar ’n bykomende risiko: ’n miskraam, veral voor twintig weke.

Nog ’n paar feite

Listeria is van die min voedselbederfkieme wat selfs in die yskas floreer en ondanks goeie higiëne kos kan bederf.

Van die vyf spesies maak net een mense siek – en ook nie altyd nie. Vermoedelik verskil die virulensie van die lyne. Een lyn kan dus mense net ligweg siek maak terwyl ’n volgende tot die helfte van die aangetastes nie net siek maak nie maar kan doodmaak. Jy is veral vatbaar as swanger is.

Jy hoef jou nie oor Listeria te bekommer nie mits jy

  • rou vleis (liggaar bief), rou vis (soesji, gerookte vis) en rou melk vermy (gebruik ter wille van jou eie gemoedsrus liewer UHT-melk terwyl jy swanger is)
  • altyd higiënies met kos werk
  • altyd jou vrugte en groente in soutwater of ’n Milton-oplossing was
  • net genoeg halfgaar, klaarbereide geregte en kouevleise koop vir onmiddellike gebruik sodat jy nie oorskietkos het nie
  • as jy oorskiet opwarm, verhit dit tot dit weer kook.

Lees ook: Maak so om te gloei van gesondheid tydens swangerskap!

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.