kategorieë: Blogs

Bali Betower

So is ek ’n ruk gelede besig met my Bali-lysie. Heel bo-aan, in rooi kursiewe letters om die erns van die saak te beklemtoon, het ek geskryf: Tradisionele Balinese danse (indien moontlik, in Ubud).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit is nou al lank een van my drome om so ’n vertoning te gaan kyk. Bali se tradisionele danse, eie aan dié Indonesiese eiland, is fyn verweef in hul kuns, kultuur en tradisies. Die eiesoortige bewegings, unieke ritme en intense gesigsuitdrukkings wat saam met die storielyn verwikkel, is geweldig betowerend. Ek moet ten minste één so ’n dans in my lewe sien. Daar en dan voeg ek dit sommer by my emmerskop-lysie ook!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Toe word my wens waar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tydens ’n besoek aan Indonesië ’n paar maande later, reis ek na Bali en neem die eerste stap om my droom na te volg. Ek gaan koop ’n kaartjie in Ubud – Bali se kulturele mekka – wat my toegang gee om die wonderwêreld van die dansers te betree. Vanaand kyk ek die legong dans, een van die vele variasies van Balinese danse.

Nadat ek my sitplekkie ingeneem het, ’n klipgooi ver van die klein verhogie, raak ek in vervoering met die vertoning. Jy sien, die legong dans is nie net ’n dans nie. Dit vertel ’n storie. Verhale is gebaseer op klassieke fabels en word begelei deur musiekinstrumente wat net so groot rol vervul soos die dansers, en gesamentlik bydra tot die vertelling.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Xilofoonspelers hou die ritme aan die gang, terwyl ’n ghong dramaties geslaan soos wat die intensheid van die storie toeneem. Apies en bokke, monsters en prinse maak almal hul verskyning op die verhoog. Dit herinner my aan stories uit my destydse Kinders van die wêreld boekreeks.

Maar die mooiste mooi is die jong meisies, die dansers. Blink uitgevat in skakerings van groen, pienk, geel en goud, dans hulle ritmies op die verhoog. Hulle is die prinsesse wat skoonheid en perfeksie simboliseer. Alle aandag is op hul lang, glinsterende hare, ritmiese heupe en intense oë. Gekompliseerde voetwerk word perfek beheer en handbewegings is fyn en vloeiend. Hulle oë is groot en speels – loer links, en dan weer regs. Links, regs, links, regs. Hul oë dans saam.

Vir my is die legong dans op daardie aand soveel meer as net ’n vertoning. Die flambojante kleure, unieke ritme en speelse bewegings weerspieël die innemendheid en skoonheid van hierdie mense en hul eiland op ’n perfekte wyse.

Dit wat ek op die verhoog sien, dít is Bali.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

2 hours Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

1 day Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.