kategorieë: VelsorgSkoonheid

Bang vir chemiese afskilfering?

Omdat dit my eerste keer was, het my terapeut aanbeveel dat ek ’n 20% New Age Peel & Heal-behandeling kry. Dis ’n terapeutiese alternatief op die gewone, harde chemiese afskilfer-metodes wat mens kry. Dis ’n effektiewe, maar sensitiewe manier wat goeie resultate lewer en hulle stel voor dat jy ’n reeks behandelings doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Op ’n lang duur sal jy minder pigmentasievlekke, fyner porieë en ’n meer eweredige veltoon sien indien jy dit gereeld doen. My vel het glad nie gebrand toe sy die behandeling aangewend het nie, ek het net ’n ligte prikkeling gevoel. Die behandeling word vir agt minute aangelos. Daarna word ’n ryk kollageen-masker aangewend om die vel te kalmeer en voed. Hierna het sy ’n spesifieke RégimA-serum aangewend wat sy ook aanbeveel mens vir drie dae tuis gebruik om die nodige vog in die velt erug te sit en te voorkom dat dit afskilfer en droog raak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat jy moet weet

• Jy kan kies tussen ’n 20%-, 40%-, 70%- en 90% afskilfering.
• Chemiese afskilfering kan op jou gesig, rug, boude en dye, borsgedeelte, hande en arms en selfs voete gedoen word.
• Volg die terapeut se instruksies vir tuissorg ná die tyd en bly uit die son uit sover moontlik.
• Onthou om vir ten minste die volgende 7 dae ’n goeie sonskerm onder jou grimering te dra indien jy dit nie reeds elke dag doen nie.

The Laser Beautique het pas sy sesde kliniek in The Zone, Rosebank geopen. Hulle spesialiseer in Botoks, vullers, pynvrye laser-haarverwydering, laser-gesigontrimpelings, laser-velverferming en -vernuwing, asook infrarooi-laserbehandeling vir seer spiere of sportbeserings. Hulle doen ook ’n wye verskeidenheid chemiese afskilferings en gesigbehandelings met RégimA-velsorgprodukte, en manikure en pedikure met Morgan Taylor- en Gelish-naelprodukte.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kontakbesonderhede

Rosebank
Tel: 011 447 7812

Bedfordview
Tel: 011 615 3358

Morningside
Tel: 011 783 7851

Pretoria (Woodland)
Tel: 012 997 1185 | Sel: 082 307 8463

Fairmount
Tel: 011 485 5793

Northcliff
Tel: 011 476 5636

Verbruikerslyn: 076 895 2068

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

38 minutes Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.