kategorieë: GebakKos

Basiese soetkoekiedeeg

  • 450 g botter, in blokkies, by kamertemperatuur
  • 210 g strooisuiker
  • 1 x 385 g-blik kondensmelk
  • 700 g koekmeel
  • 20 ml (4 t) bakpoeier
  • 2,5 ml (½ t) sout

1 Voorverhit die oond tot 160 °C en spuit 3 groot bakplate met kleefwerende kossproei.
2 Klop die botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg die kondensmelk by en klop tot glad.
3 Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam en gooi by die bottermengsel.
4 Meng goed tot ’n deeg vorm.
5 Verdeel in 3 dele en draai in kleefplastiek toe. Laat rus vir 20 min. of tot ferm in die yskas.
6 Werk met 500 g deeg op ’n slag en vries die res. Laat oornag in die yskas ontdooi wanneer benodig.
7 Rol die deeg 5 mm dik uit op ’n skoon, meelbestrooide werkvlak.
8 Druk ’n vorm van jou keuse uit en sit op die bakplate.
9 Bak vir 10-15 min. of tot ligbruin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); } '); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.